Karan Beef se veearts sê oor uitbrekingJune 6, 2025

Die nuus dat Karan Beef, Suid-Afrika se grootste voerkraal, positief getoets het vir bek-en-klouseer maak steeds opslae. Die siekte is egter net by een van sy drie voerkrale, die een by Heidelberg, geïdentifiseer. Dr. Dirk Verwoerd, die senior voerkraal-veearts by Karan Beef, het aan OFM radio in Suid Afrika gesê sover word net sowat 2 persent van die 120 000 beeste by die voerkraal geraak.