LPO hou Karan situasie fyn dopJune 6, 2025
Die Lewendehawe Produsente Organisasie hou die situasie by Karan Beef fyn dop en sal lede op hoogte hou van enige verdere ontwikkelinge en kommunikasie dienooreenkomstig verskaf. Dit kom na daar beaam is dat die impak op die korttermyn gering sal wees maar kan op langer duur groter word. Volgens die Namibiese Landbou-unie is meer as 300 uitbrekings van bek-en-klouseer in die afgelope jare in die buurland aangeteken, met min verandering in strategie. Die huidige situasie kan egter ’n keerpunt wees waar opnuut oorweging gegee word aan alternatiewe langtermynbenaderings – insluitend die moontlikheid om die siekte as endemies te beskou en ’n formele nasionale inentings- en beheerplan te implementeer.