Minstens agt brande landswyd June 9, 2025

Die winter het skaars begin en die eerste veldbrande is hier. Op die oomblik sukkel bestryders om ‘n brand noord van Kamanjab, wat in die rigting van Grootberg brand, onder beheer te bring. Oor die naweek is ‘n groot veldbrand tussen Aroab en Karasburg naby plaas Williesputs langs die M26-pad onder bedwang gebring en so ook die brand in die Omatjete-omgewing in die Erongo-streek. Volgens Nasa se brandkaart, is daar agt brande wat tans aktief is in die land.