Blue Cape-veldtog bekendgestel - April 25, 2021

Die Stad Kaapstad het sy Blue Cape-veldtog amptelik van stapel gestuur. Die program is daarop gemik om die maksimum ekonomiese bydra van die oseaan-ekonomie tot die stad te verseker. Bootbouers in die stad word deur groot uitdagings in die gesig gestaar weens die wêreldwye verswakking van die ekonomie. Die finansiering fokus op marine-vervaardiging waaronder bootbouery, […]

Read More

Sonkrag-projek vir Namibië & Botswana - April 25, 2021

Die Amerikaanse regering het die befondsing van die beplande gesamentlike sonkrag-projek van Namibië en Botswana goedgekeur. Volgens berigte het president Joe Biden en sy adjunk Kamala Harris dit tydens die afgelope leiersberaad oor klimaatsverandering die groenlig gegee. Dit sal volgens berigte een van die grootste projekte van die aard in die streek wees. ‘n Memorandum […]

Read More

Nadal teen Tsitsipas in Barcelona Ope - April 25, 2021

Tennis: Rafel Nadal is een wedstryd weg van sy 12de kampioenskapstitel by die Barcelona Ope ná hy Pablo Carreno Busta in hulle halfeindstryd geklop het. Hy speel vandag in die eindstryd teen Stefanos Tsitsipas. Nadal het gesê hy sien uit om weer in die eindstryd te speel in wat hy as ‘n tuis-byeenkoms beskryf het. […]

Read More

Laaste sitting in Noordwes - April 25, 2021

Die Suid-Afrikaanse portefeuljekomitee van Openbare Werke en Infrastruktuur hou vandag sy laaste sitting oor die Wetsontwerp oor Onteiening in Noordwes in die buurland. Die komitee het reeds drie suksesvolle openbare verhore in die provinsie gehou waar die meerderheid van die mense die wetsontwerp ondersteun het. Die doel van die Wetsontwerp op Onteiening is om as […]

Read More

Tydsberekening word bevraagteken - April 25, 2021

Die Suid-Afrikaanse adjunk-minister van Staatsveiligheid, Zizi Kodwa, sê bewerings deur die ANC-veteraan Tokyo Sexwale oor die sogenaamde Erfenisfonds is skokkend. Hy het gereageer oor bewerings dat die geld uit die rekening gesteel is wat bedoel was vir die ondersteuning van infrastruktuur- en ander maatskaplike ontwikkeling. Kodwa het die tydsberekening van die bewerings bevraagteken.

Read More

Namibiese ministerie van Arbeid besoek streke - April 25, 2021

Die Namibiese ministerie van Arbeid het bekendgemaak dat daar van môre af tot 3 Mei raadgewende vergaderings met arbeidsverwante belangegroepe oor relevante arbeidsaangeleenthede in verskeie streke van die land gehou gaan word. Volgens ‘n verklaring van die ministrie gaan vergaderings in die Kunene, Omusati, Oshana, Ohangwena, Oshikoto en Otjozondjupa-streke gehou word.

Read More

Uitslae van die Namibiese Rugby-unie se premierliga - April 25, 2021

Plaaslike rugbynuus oor die Namibiese Rugby-unie se premierliga se derde naweek: Wanderers klop die span van Kudus met 48-22 en druk 7 drieë teen die 4 van Kudus. Rehoboth verloor met 15-45 teen Western Suburbs en Unam klop Grootfontein met 31-22.

Read More

Vlugtelinge in Kaapstad moet die week besluit - April 25, 2021

Met die naderende spertyd vir herintegrasie teen eerskomende Vrydag, het sommige Paint City- en Wingfield-vlugtelinge in Kaapstad gekla hulle het nêrens om heen te gaan nie. Die vlugtelinge staar deportasie in die gesig as hulle nie by Suid-Afrikaanse gemeenskappe herintegreer, soos deur die buurland se minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, opdrag gegee is nie. […]

Read More

Die WGO maan oor toename in Covid-19 gevalle - April 25, 2021

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het gemaan dat daar ‘n toename is in nuwe Covid-19 gevalle wêreldwyd. ’n Rekordgetal van 893 duisend nuwe gevalle is pas volgens die WGO bevestig. Indië ervaar op die oomblik ‘n skerp styging in nuwe gevalle en die land het volgens berigte’n tekort aan suurstof en beddens. Daar is tans 146 miljoen gevalle […]

Read More

Minister oor kragvoorsiening aan skole - April 25, 2021

Die Namibiese Minister van Myne en Energie Tom Alweendo het bekendgemaak dat 44 miljoen Namibiese doller opsy gesit is om krag te voorsien aan 36 skole tydens die huidige finansiële jaar. Alweendo het bygevoeg dat net meer as 62 miljoen doller gebruik sal word om die voldoende en betroubare voorsiening van volhoubare elektrisiteit te verseker. […]

Read More