Vergeet van dwelmmuil, hier’s ‘n dwelmkatMay 20, 2025
Gevangenispersoneel in Costa Rica het ‘n dwelmmuil, of eerder ‘n dwelmkat, op die gevangenis se gronde betrap. Volgens ‘n Facebook-plasing deur die land se justisieministerie het beamptes by die Pococi-gevangenis op 6 Mei die onwaarskynlike smokkelaar op die terrein gesien en hom gevang. Hulle was agterdogtig oor grys kolle op die kat se pels en besluit om dit van nader te bekyk. Die kolle was sakke met dwelms wat op die kat vasgeplak was, insluitend ‘n sak met 236 gram dagga en ‘n ander met 86 gram crack-kokaïen. Die owerhede het beslag gelê op die dwelms en die kat is aan die Nasionale Dieregesondheidsdiens oorhandig vir ‘n evaluering. Diere word gereeld gebruik om dwelms by Costa Rica-gevangenisse in te smokkel, berig die Free Press Journal.