
Kardinale sal vandag verder stem, swart rook gister - May 8, 2025
Die kardinale wat in die Sistynse kapel in die Vatikaan vergader om ‘n nuwe pous te verkies sal vandag ‘n tweede keer stem. Swart rook het na die eerste stemproses by die skoorsteen uitgeborrel, wat aandui dat ‘n nuwe hoof van die Katolieke Kerk nog nie verkies was nie. Die kardinale het voordat die kapel […]
Maak so om ekonomiese druk, skuld te hanteer - May 7, 2025
Privaatsektor kredietverlening het gestyg tot 5 persent in Maart, op van 3,9 persent in Februarie. Ontleders meen die styging is aangedryf deur groei in korporatiewe lenings terwyl huishoudelike skuld ook effe gestyg het en sê dit wil voorkom asof aptyt vir krediet stadig herstel. Kosmos 94.1 Nuus het met Arney Tjaronda, beleggingsontleder by die Sisedi […]
Laer SA brandstofprys net die ding vir boere: ekonoom - May 7, 2025
‘n Senior landbou-ekonoom van FNB, Paul Makube, sê die jongste brandstofprysverlaging het op die regte tyd gekom te midde van verhoogde landbou-bedrywighede. Die petrolprys het om middernag met 22-sent-per-liter gedaal, terwyl die twee grade diesel nou onderskeidelik 42- en 41-sent per liter goedkoper is. Dit volg op ‘n daling in internasionale oliepryse as gevolg van […]
China sal ‘geregtigheid’ verdedig in VSA-gesprekke - May 7, 2025
China het belowe om “geregtigheid” te verdedig tydens die komende handelsgesprekke met die Verenigde State. Dit is die eerste ontmoeting sedert Donald Trump omvattende tariewe aangekondig het wat wêreldmarkte geskud het. Sedert Trump in Januarie na die Withuis teruggekeer het, het hy tariewe van altesaam 145-persent op goedere uit China ingestel. Beijing het op sy […]
Pant moet begin uithaal en wys in IPL - May 7, 2025
Krieket: Die druk neem toe op Rishabh Pant, vir wie Lucknow Super Giants ‘n rekord-bedrag van 59-miljoen Namibiese dollar betaal het in die Indiese Premierliga. Die span het dringend nodig dat sy kaptein sy briljante kolfvertoning herwin sodat hulle nog die uitspeelrondes kan haal. Die paaltjiewagter kon in die eerste tien wedstryde slegs 128 lopies […]
Oranjemund-Rosh Pinah-pad vir eers gesluit - May 7, 2025
Vervoerminister Veikko Nekundi het die sluiting van die Oranjemund-na-Rosh Pinah-pad aangekondig nadat water van die Oranjerivier die padoppervlak bereik het, wat ‘n ernstige veiligheidsrisiko inhou. Hy het in die Nasionale Vergadering gesê dit het te gevaarlik geword om die pad oop te hou, veral oornag, aangesien die water steeds styg. Die ministerie is ingesprek met […]
Biomassa-aanleg gaan kraglewering hupstoot gee, hoor NV - May 7, 2025
Adjunk eerste minister en myne en energie-minister, Natangwe Ithete, het in sy begrotingsverklaring in die parlement ‘n opsomming van die ministerie se werksaamhede gegee. Hy het die rol van hernubare energie uitgesonder en verwys na die biomassa-aanleg by Tsumeb, en hoe dit die elektrisiteitsnetwerk sal ondersteun.
Tweede vegvliegtuig val van Amerikaanse vliegdekskip af - May 7, 2025
‘n Multimiljoen-dollar Amerikaanse vegvliegtuig het misluk om op die vliegdekskip Harry S. Trumante land en het in die Rooi See neergestort. Dit is die tweede vliegtuig wat in net meer as ‘n week van hierdie skip verlore gegaan het. Die tweesitplek F/A-18F Super Hornet-vegvliegtuig, wat sowat 1,2-miljard Namibiese dollar kos, het oorboord geval nadat dit […]
Junior Bokke se afrigter glad nie tevrede nie - May 7, 2025
Rugby: Die afrigter van die Junior Springbokke, Kevin Foote, is teleurgesteld met sy span se vertoning in die tweede helfte van hulle wedstryd teen Australië in die tweede ronde van die Onder-20-Rugbykampioenskap in Gqeberha. Australië het na rustyd ‘n agterstand van 17 punte omgekeer om Suid-Afrika 29-24 te klop. Foote sê hulle dissipline en spel […]
Daar’s genoeg slangbyt-teengif, maar lig loop vir skerpioene - May 7, 2025
Namibië het sowat 300 ampules slangbyt-teenmiddel in voorraad, te midde van ‘n breër tekort aan teenmiddels regoor Afrika. Anders as in lande soos Kenia, bly die plaaslike voorraad stabiel danksy ‘n vennootskap vanaf 2021 met Indië se Premium Serums. Die land het egter nog nie ‘n voorraad van effektiewe teenmiddels vir skerpioensteke nie. Kosmos 94.1 […]