Kardinale sal vandag verder stem, swart rook gisterMay 8, 2025
Die kardinale wat in die Sistynse kapel in die Vatikaan vergader om ‘n nuwe pous te verkies sal vandag ‘n tweede keer stem. Swart rook het na die eerste stemproses by die skoorsteen uitgeborrel, wat aandui dat ‘n nuwe hoof van die Katolieke Kerk nog nie verkies was nie. Die kardinale het voordat die kapel se deure toegemaak is ‘n eed gesweer om alle kwessies wat met die stemproses verband hou geheim te hou. Hulle word verbied om enige kommunikasie met die buitewêreld te hê tot ‘n nuwe pous verkies is.