Oranjemund-Rosh Pinah-pad vir eers gesluitMay 7, 2025
Vervoerminister Veikko Nekundi het die sluiting van die Oranjemund-na-Rosh Pinah-pad aangekondig nadat water van die Oranjerivier die padoppervlak bereik het, wat ‘n ernstige veiligheidsrisiko inhou. Hy het in die Nasionale Vergadering gesê dit het te gevaarlik geword om die pad oop te hou, veral oornag, aangesien die water steeds styg. Die ministerie is ingesprek met Namdeb om moontlik ‘n nabygeleë grondpad tussen Lüderitz en Oranjemund te open vir openbare gebruik. Padgebruikers word versoek om die alternatiewe roete deur Suid-Afrika te gebruik, wat steeds toeganklik is.