Lesotho se OG boos oor Koninklike Paleis - June 9, 2025

Die Ouditeur-generaal van Lesotho, Paul Letlela, het vertragings en wanbestuur van twee groot projekte gekritiseer. Die Koninklike Paleis wat binne drie jaar voltooi moes wees, is na berigte 15 jaar later steeds nie voltooi nie. Die Lesotho-elektrisiteitsonderneming is intussen ook onder die loep geneem en het dringende regstappe gedoen om te keer dat die Openbare […]

Read More

Netanyahu ontketen argwaan van ultra-ortodokse Jode  - June 9, 2025

Die godsdienstige Shas-party in Israel dreig om die land se premier, Benjamin Netanyahu, tot ‘n val te bring deur ‘n mosie te ondersteun vir ‘n vroeë verkiesing. Netanyahu is onder druk oor beoogde wetgewing om ‘n jarelange instelling te skrap dat ultra-ortodokse Jode nie vir militêre diens opgeroep hoef te word nie. Die uitsondering wat […]

Read More

Nieu-Seeland se rugbybaas gaan uittree  - June 9, 2025

Nieu-Seeland se beheerliggaam sal van volgende jaar af ‘n nuwe uitvoerende hoof hê. Nieu-Seeland Rugby het Mark Robinson se vertrek bevestig en sê hy gaan by sy familie in Australië aansluit. Die beheerliggaam sê as ‘n trotse voormalige All Black het hy ‘n reusebydrae tot die spel gelewer. Robinson het in Januarie 2020 oorgeneem en […]

Read More

Tennis: Loïs Boisson maak reusesprong op wêreldranglys  - June 9, 2025

Die Franse speler Loïs Boisson, wat onverwags die halfeindronde van die Franse Ope gehaal het, het 296 plekke op die wêreldranglys geklim tot 65ste. Aryna Sabalenka van Belarus en die Amerikaner Coco Gauff is steeds in die eerste twee plekke nadat Gauff Sabalenka in die eindstryd verslaan het. Die driemalige verdedigende kampioen, Iga Swiatek van Pole, […]

Read More

Nóg betogers in Amerika in boeie geslaan  - June 9, 2025

Nagenoeg 60 mense is in San Francisco gearresteer nadat betogers in die stad vergader het om teen president Donald Trump se immigrasieklopjagte te betoog. Volgens die polisie in die stad in die noorde van Kalifornië is die betogers in hegtenis geneem omdat dit ‘n onwettige byeenkoms was. Die versetoptrede in San Francisco volg ná betogings […]

Read More

KZN-polisie het baie vrae oor verdwyning van Comrades-atleet - June 9, 2025

Die KwaZulu-Natalse polisie stel tans ondersoek in na die omstandighede rondom die verdwyning van ‘n Comrades-atleet wat ná die wedloop as vermis aangemeld is. Moira Harding van Kaapstad het die 98ste Comrades-marathon voltooi, maar toe verdwyn. ‘n Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê sy is vanoggend gevind, na afloop van ‘n intensiewe soektog deur die polisie se […]

Read More

Opskud, jy’t nog net tot Vrydag om insette in wetshervorming te lewer - June 9, 2025

Die publiek het nog net tot Vrydag om voorstelle vir nuwe wette of wysigings aan bestaande wette in te dien. Tydens haar eerste Staatsrede op 24 April het president Netumbo Nandi-Ndaitwah Namibiërs aangemoedig om betrokke te raak by wetgewende hervorming deur voorstelle aan die lynministerie in te dien. Kosmos 94.1 nuus het met die woordvoerder […]

Read More

Oshikoto se landelike water word onderbreek - June 9, 2025

NamWater het ‘n beplande sluiting van watervoorsiening in dele van die Oshikoto-streek vanaf middernag vannag tot middernag môre. Lot Ndamanomhata, NamWater se segsman sê die sluiting sal alle verspreidingspyplyne wat vanaf die Onembenge tweede toring in die Oshikoto-streek voorsien word, raak. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Swart Ekonomiese Bemagtiging werk nie, Lamola – DA - June 9, 2025

Die DA doen ‘n beroep op die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola om sy voortgesette bevordering van die ANC se mislukte ekonomiese transformasiebeleid te verduidelik. Die party sê in sy toespraak by die Black Business Council Donderdag het Lamola swart professionele persone versoek om die rewolusie te verdedig. Ryan Smith van die […]

Read More

Rwanda onttrek uit Sentraal-Afrika se ekonomiese gemeenskap - June 9, 2025

Rwanda sê hy sal onttrek aan die Ekonomiese Gemeenskap van Sentraal-Afrikaanse State, wat die diplomatieke spanning in die streek na die M23 se inval in die DRK, beklemtoon. Kigali sou die voorsitterskap van die 11-lid-blok oorneem tydens ‘n vergadering Saterdag in Ekwatoriaal-Guinee. Rwanda het in ‘n verklaring die DRK se instrumentalisering van die blok veroordeel […]

Read More