Ekonoom sê oor China as groenwaterstof-vennoot

James Mnyupe, Namibië se groenwaterstof-kommissaris en ekonomiese raadgewer van President Hage Geingob, sê hoewel Namibië nie ‘n vennootskap met China oor groenwaterstof gesluit het nie, kyk amptenare na die land as ‘n belangrike vennoot. Dit volg ná ‘n administrateur by die Nasionale Energie-administrasie van China, Zhang Jianhua ‘n hoflikheidsbesoek aan Geingob by Staatshuis gebring het. […]

Read More

Vreemde tendertoekenning in Omusati

Die Omusati-streeksraad het die tender vir die konstruksie van eenvertrek-woonstelle by Etayi aan Moshipya Building Construction toegeken. Daar was 19 maatskappye wat getender het en tien van hulle het presies dieselfde koste, 853 600 Namibiese dollar, gekwoteer. Net vier kwotasies het voldoen en die toekenning aan Moshipya het wenkbroue laat lig omdat die maatskappy net […]

Read More

Mediahuise wil Trump klagte sien, hofsaak uitsaai

Talle mediahuise het ‘n New Yorkse regter gevra om die groot jurie se aanklag teen oudpresident Donald Trump bekend te maak. Hulle vra ook toestemming om Trump se hofsaak môre uit te saai. Die media-instellings wat CNN, The New York Times, The Washington Post en The Wall Street Journal insluit, sê die ongekende en geskiedkundige […]

Read More

Covid bewys die ekonomiese belangrikheid van KKNK

Die terugkeer van ’n volle Klein-Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn laat plaaslike sake-eienaars glimlag. Die laaste volle fees is in 2019 aangebied vóór dit onder streng maatreëls aangepas moes word om feesgangers se veiligheid te verseker. Die artistieke direkteur van die KKNK, Hugo Theart sê die Covid-19 pandemie het opnuut beklemtoon hoe belangrik die fees […]

Read More

Kaapse handelsroetes word uitgebrei

Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê hulle gaan voort met planne om handelsroetes vir Kaapstad uit te brei. Hy is tans op ‘n handelsending in Suid-Amerika om met lugrederye, toeroperateurs en beleggingsagente te vergader om reis- en handelsroetes te vestig. Vos sê dit sal ekonomiese groei ‘n hupstoot gee en […]

Read More

Gesondheid wag nog op uitslae na siekte in vis in Noorde

Die gesondheidsministerie maan gemeenskappe rondom die Shanalumono-vloedvlakte om nie vis van die vloedwater te vang en te eet nie, aangesien daar ‘n moontlike siekte is. Dooie visse en sommiges met bloedkolle is ontdek langs die vloedvlaktes in die Ongenga-kiesafdeling in die Ohangwena-streek. Amptenare van die ministeries van gesondheid en visserye was by die oshanas om […]

Read More

Senegal bevestig tweede uitbreking van voëlgriep

Senegal het ‘n uitbreking van die hoogs aansteeklike H5N1-voëlgriep op ‘n pluimveeplaas in die noordwestelike deel van die land aangemeld. Die uitbreking het op 18 Maart plaasgevind op ‘n plaas in die dorpie Potou naby Louga, nie ver van die nasionale park waar ‘n H5N1-uitbreking vroeër verklaar is nie. Owerhede sê dit is hoogs waarskynlik dat […]

Read More

Italië verbied ChatGPT

Italië se databeskermingswaghond het ‘n onmiddellike verbod op toegang tot Open AI se gewilde kunsmatige intelligensie chatbot, ChatGPT, geplaas, weens beweerde privaatheidskendings. Amerikaanse media haal die Italiaanse Nasionale Owerheid vir Persoonlike Data aan wat sê ChatGPT het ‘n data-inbraak gehad waarby gebruikers se gesprekke en betaalinligting van intekenaars betrokke is. ChatGPT het sedert sy bekendstelling verlede […]

Read More

Blitsbokke vertoon baie beter in Hongkong

Die Springbok-sewesspan het ‘n groot verbetering in Hongkong getoon ná die teleurstelling van die Noord-Amerikaanse skof van die Wêreld-sewesreeks ‘n maand gelede. Suid-Afrika het net-net ‘n vyfde plek misgeloop toe Argentinië hulle met 7-5 geklop het. Nieu-Seeland se mans- en vrouespan is in Hongkong as die kampioene gekroon, met Frankryk in die derde plek. Die […]

Read More

Moslems sê ANC moet die land regruk

Die Moslemgemeenskap doen ‘n beroep op adjunk-president Paul Mashatile om Suid-Afrika se uitdagings te pak. Mashatile het saam met die gemeenskap in Kaapstad Iftar gevier, wat die vastydperk van die heilige maand Ramadaan beëindig het. Hy het die belangrikheid van die gebruik van Iftar beklemtoon om ‘n gesprek te begin ten einde eenheid, vrede en solidariteit te herstel. Die afgetrede regter Siraj Desai het die regering […]

Read More