De Ruyter se boek ontbloot Eskom-korrupsie
Die gewese Eskom-hoof, André de Ruyter, ontbloot wydverspreide korrupsie en onbevoegdheid by die kragverskaffer in sy nuwe boek wat bekend gestel is. In die boek, Truth to Power: My Three Years Inside Eskom, sê hy toe hy in Januarie 2020 die pos aanvaar het, het hy buiten verwaarloosde toerusting, verouderende kragstasies en ‘n uitgedunde vaardigheidsbasis, ook […]
Day vat eerste PGA-titel in vyf jaar
Die Australiër Jason Day het die AT&T Byron Nelson in Texas gewen. Dit is sy eerste PGA-toertitel in vyf jaar. Die 35-jarige speler het die laaste ronde op 62 nege-onder klaargemaak. Sy algehele telling was 23-onder, een hou voor Kim Si-woo van Suid-Korea en die Amerikaner Austin Eckroat. Dit is die voormalige wêreld nommer-een se […]
Ekurhuleni wil ook ontkoppel van Eskom
Die Stad Ekurhuleni sê hy beraadslaag met belangrike rolspelers terwyl hy opsies oorweeg om van die Eskom-netwerk weg te breek. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Nkululeko Dunga, het onlangs vergader met die 100 topmaatskappye wat in die streek bedrywig is. ‘n Woordvoerder, Zweli Dlamini, sê hulle het ‘n bykomende 1 000 megawatt nodig om beurtkrag te beëindig. Hy sê hulle kan dit regkry met […]
Vergadering oor mens-dier-konflik stel hoë teiken
Die drie-dag lange konferensie oor mens-dier-konflik het Vrydag in die hoofstad afgesluit. Die konflik word as uiters belangrik geag omdat dit die regering se bewarings-inisiatiewe ondermyn. Dit is ook uiters duur met die regering wat jaarliks 285 miljoen Namibiese dollar daarvoor begroot. Nie-regeringsorganisasies bestee op hul beurt miljoene om veldwagters aan te stel, vroeë waarskuwingstelsels op […]
Grootfontein se NaTIS-kantoor bied beperkte dienste die week
Die NaTIS-kantoor op Grootfontein herinner inwoners dat sy toetsdienste vir leerderslisensies en rybewyse, sowel as padwaardigheidstoetse die week opgeskort is. Kliënte wat dringend dienste nodig het word aangeraai om NaTIS op Tsumeb te besoek. Die diens sê verder dat oor-die-toonbank dienste, algemene navrae en transaksies aan die publiek gelewer sal word, vanaf ‘n gebou langs die Grootfontein NaTIS-sentrum. Alle bedrywighede sal Maandag 22 Mei hervat.
ANC stoomroller gesondheidsversekering – DA
Die DA veroordeel, wat hy noem, die ANC se stoomroller-proses om die Nasionale Gesondheidsversekering-wetsontwerp by die portefeuljekomitee oor gesondheid deur te jaag, sonder wysigings van opposisiepartye. Hy sê dit het gebeur in weerwil van oorweldigende regsmenings en teen argumente. Die DA benadruk die wetsontwerp sal Suid-Afrika bankrot maak en nié die mediese krisis oplos nie. ‘n Lid […]
Arsenal se hoop lê aan skerwe
Arsenal se hoop op ‘n Premierligatitel het gister aan skerwe gespat nadat hulle met drie-nul teen Brighton verloor het. Ná die nederlaag is die Gunners is nou vier punte agter die voorlopers, Manchester City, met net twee wedstryde wat oorbly. Pep Guardiola se span weet ‘n oorwinning Sondag teen Chelsea op die Etihad-stadion beteken ‘n vyfde Premierligatitel in ses seisoene. Arsenal se bestuurder, Mikel Arteta, sê hulle vertoning in […]
Elektriese minister was ‘n blink plan – Cyril
President Cyril Ramaphosa sê die aanstelling van die minister van elektrisiteit Kgosientsho Ramokgopa was ‘n blink gedagte, want Suid-Afrikaners het dienslewering nodig. Hy sê die 2024 nasionale en provinsiale verkiesing sal om dienslewering draai. Ramaphosa voeg by die regering moet vaardige mense hê wat die werk kan doen, want Suid-Afrikaners staan voor uitdagings oor elektrisiteit, […]
Brent daal maar rand is te swak vir enige voordeel
Die prys van Brent ru-olie het vanoggend met handel wat in Asiatiese markte reeds geopen het, verder teruggesak na net bo 73 Amerikaanse dollar per vat. Kenners en ontleders sê die daling is aangedryf deur ekonomiese groei in die VSA wat onder druk is, sowel as uitdagings in China en verdere besnoeiings deur Opul en sy vennote. Brent […]
Brics kan help om kragkrisis op te los
Die EFF se nasionale voorsitter, Veronica Mente, sê die party glo die Brics-beraad wat Suid-Afrika in Augustus aanbied, kan oplossings vir die energiekrisis bied. Mente het tydens die driedaagse vergadering van die party se sentrale bevelspan in Kempton Park, Gauteng, gepraat. Sy sê die regering moenie deur die Verenigde State voorgesê word nie en moet voortgaan om die […]