Olieprys styg met oorlog in Israel

Internasionale oliepryse het opgeskiet ná die naweek se toename in vyandelikhede in die Midde-Ooste. Hamas se onverwagte aanvalle op Israel, gevolg deur Israel se oorlogsverklaring, het kommer verhoog oor ru-olievoorrade uit die streek, nadat Rusland en Saoedi-Arabië reeds hul uitset gesny het. Brent het op net bo 84 Amerikaanse dollar ‘n vat geopen en verhandel […]

Read More

Boulter en Esau se sake vandag in die hoërhof

Die saak waar die Britse sakeman en moord beskuldigde, Harvey Boulter, poog om die beslissing van die aanklaer-generaal Martha Imalwa vir sy vervolging te hersien kom weer vandag voor regter Herman Oosthuizen voor. Boulter word van die moord beskuldig op sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk ná ‘n noodlottige skietvoorval op sy plaas in Februarie 2021 in die Kamanjab-distrik. Die saak kom voor vir saakbestuur. […]

Read More

BTW moet van SA-pluimvee-produkte verwyder word

Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regerings-vereniging beywer hom vir ‘n tydelike opskorting van BTW op pluimvee-produkte. Dit volg op stygende pryse weens die uitbreking van voëlgriep. Salga glo ‘n verlaging van 15 persent in pluimvee-pryse kan kwesbare huishoudings beskerm teen voedsel-onsekerheid. Die organisasie se voorsitter in KwaZulu-Natal, Thami Ntuli, sê die verlaging kan die druk op verbruikers help […]

Read More

NWR neem kennis van klagtes, in aanloop tot vakansie

Met die vakansieseisoen wat nader kom en gesinne wat graag reis is sommige bekommerd of Namibia Wildlife Resorts se lodges ideaal is. Die NWR het kennis geneem van klagtes op sosiale media platforms oor sommige van die infrastruktuur en dienste by lodges, hoofsaaklik binne die Etosha Nasionale Park. NWR se woordvoerder, Nelson Ashipala, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle is besig met […]

Read More

Die reën kom aan, so lyk jou week

Volgens die jongste seisoenale reënval vooruitsigte sal die grootste deel van die land na verwagting normale tot bo-normale reënval kry vanaf vandeesmaand tot Februarie volgende jaar. Normale tot onder-normale reënval word egter in die verre suidelike dele verwag, volgens die meteorologiese diens van Namibië. Die weerkundige van Aranos, George van der Merwe, het meer oor die […]

Read More

Die brandstofprys, inflasie en die repokoers

Die styging in die brandstofprys sal druk op inflasie plaas. Die jongste inflasiesyfers van die Namibiese Statistieke-agentskap vir Augustus is op 4,7 persent aangeteken, vergeleke met 4,5 persent in Julie en 7,3 persent in Augustus verlede jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met Ebson Uanguta, die adjunk-goewerneur van die Bank van Namibië, gepraat … Hy het […]

Read More

Fop-taxi’s word daadwerklike bedreiging

Die Namibiese polisie op Oshakati sê die publiek moet versigtig wees vir mense wat hul voordoen as taxi-bestuurders. ‘n Student is deur ‘n taxi opgetel en na verskeie draaie gery is, het die bestuurder en drie mans haar gedwing om haar moeder te vra vir 2 000 Namibiese dollar se betaling via selfoon. Hulle het […]

Read More

Internasionale jagforum vergader in hoofstad die week

Die toerisme-ministerie en die internasionale Safari Club-stigting bied die 21ste Africa Wildlife Consultative Forum van vandag tot 13 Oktober aan. Die forum is een van die grootste jaarlikse vergaderings waar senior regeringsamptenare en personeel van wildbestuursowerhede met die private jagbedryf, gemeenskapsbelanghebbendes en navorsers kan saamwerk oor volhoubare wildbewaringskwessies regoor Afrika. Kosmos 94.1 Nuus het met […]

Read More

Lof vir Hamas vir opstand teen Israel

Die Palestynse Solidariteitsalliansie, het Hamas en die Islamitiese Jihad geloof vir hul opstand teen Israel. Die alliansie noem dit ‘n deurslaggewende oomblik in die voortdurende stryd vir Palestina se bevryding. Hamas se militêre bevelvoerder, Mohammad Deif, het ‘n oproep gedoen vir Palestynse weerstand in verskeie streke. Die alliansie het Westerse leiers, sommige Arabiese state en […]

Read More

Saftu blameer Israel vir oorlog

Die vakbondfederasie Saftu sê die naweek se aanvalle deur die Palestynse Weerstand-vegters toon dat vrede, bestendigheid en sekerheid nie in Israel-Palestina gewaarborg kan word as, volgens hom, die Sionistiese regering nie sy gewelddadige besetting van Palestina beëindig en grond teruggee nie. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die Sionistiese instelling is regstreeks verantwoordelik vir die […]

Read More