
Faith Kipyegon poog rekord vanaand - June 26, 2025
Kenia se driemalige Olimpiese kampioen in die 1 500-meter, Faith Kipyegon, gaan vanaand in Parys, Frankryk, probeer om die eerste vrou te word wat die myl in onder vier-minute hardloop. Nike se “Breaking4”-projek volg op die sukses van Kipyegon’s se landgenoot, Eliud Kipchoge, se nie-amptelike marathon van onder twee-uur. Nike glo haar gevorderde hardloopskoene, wat […]
Dis koud in die Suide - June 26, 2025
‘n Koue front het Namibië vanaf die suide getref, met reën wat voorspel word saam met ‘n skerp daling in temperature. Kosmos 94.1 Nuus het Woensdag gepraat met Dolf de Wet, van plaas Michberg naby Grünau.
GIPF-fondse kan gebruik word vir eiendom - June 26, 2025
Die finansministerie saam met Namfisa en die Regeringsinstellings Pensioenfonds het die pensioengesteunde huislening-skema geskep. Ingevolge die skema sal lede van pensioenfonds ‘n gedeelte van hul opgehoopte pensioenspaargeld as kollateraal vir huislenings kan gebruik. Dit kan benut word om grond te koop, ‘n eiendom op te knap of ‘n eiendomslening af te los. Die regering is […]
Baie oortredings in mikrovliegtuigongeluk waarin Suide-boer sterf - June 26, 2025
Die voorlopige ondersoek na die vliegongeluk waarin Jannie Spangenberg van plaas Gras in die Kalkrand-omgewing gesterf het, het verskeie onreëlmatighede gevind. Spangenberg en sy seun wou glo ‘n jakkals vanuit die mikrovliegtuig skiet toe dit neergestort het. Sy seun het die ongeluk oorleef. Onder andere het Spangenberg nie ‘n vlieg-lisensie gehad nie. Kosmos 94.1 Nuus […]
Ekonome bly optimisties oor toerisme - June 26, 2025
Die besettingskoers vir Mei was laer as in April maar ook laer as die van 2019, of voor-Covid-syfers. Faktore soos minder besteebare inkomste van reisigers, veral uit Europa, kan hierin ‘n rol speel. Ten spyte hiervan bly ekonome steeds optimisties oor die toekoms van die toerisme-sektor. Almandro Jansen, ‘n ekonoom van Simonis Storm, gee die […]
Stadpolisie waarsku oor rooilig-oortredings - June 26, 2025
Die Windhoek Stadspolisie het sy kommer uitgespreek oor die verontagsaming van rooi verkeersligte deur bestuurders in die hoofstad. Volgens die mag is 131 ongelukke in die verband sedert Januarie aangemeld met 335 bestuurders wat boetes ontvang het. Dit het ook gelei tot 20 sterftes, 11 meer as verlede jaar. Die mag sê verder dat die […]
Gesondheid skep riglyne vir uitbrekings soos cholera, malaria - June 26, 2025
Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, het ‘n proaktiewe benadering tot gesondheidsbedreigings versoek en die bekendstelling van Namibië se nasionale gebeurtenisgebaseerde toesigriglyne beklemtoon. Die riglyne is daarop gemik om vroeë opsporing en reaksie op uitbrekings soos malaria en cholera te verbeter. Die riglyne, in lyn met die Afrika-Siektebeheersentrum se raamwerk, sal vroeë waarskuwingstelsels verbeter, met steun […]
Ramprisikobestuur reageer op Kaapstad se oorstromings - June 26, 2025
Die Stad Kaapstad reageer op oorstromings in verskeie gebiede, insluitend Parkwood, Imizamo Yethu, Hangberg en Overcome-hoogte, te midde van stortreën weens ‘n sterk kouefront. Vloedhulp-pakkies is aangevra in informele nedersettings soos Lwandle, Macassar en Khayelitsha. Die Ramprisikobestuur se woordvoerder, Sonica Lategan, sê twee kanale het oorstroom, wat wydverspreide verspoelings in strate veroorsaak. Sy versoek inwoners […]
Kenia-polisie skiet 16 dood tydens protes - June 26, 2025
Minstens 16 mense is Woensdag tydens landwye anti-regeringsbetogings in Kenia dood, die meeste van hulle deur die polisie vermoor, volgens Irungu Houghton, die uitvoerende direkteur van Amnestie Kenia. Houghton sê die syfers is bevestig deur die Kenia Nasionale Menseregte-kommissie. Die kommissie sê meer as 400 ongevalle is aangemeld, wat insluit betogers, polisie-beamptes en joernaliste. Die […]
Trump vaar uit teen media oor beriggewing na Iran-aanvalle - June 26, 2025
Amerikaanse president Donald Trump het Woensdag die impak van Amerikaanse aanvalle op Iranse kernterreine met die Hiroshima- en Nagasaki-atoombomme en die einde van die Tweede Wêreldoorlog vergelyk. Hy het aan joernaliste by die Navo-beraad in Den Haag gesê daar was erge skade aan die fasiliteite, hoewel beskikbare intelligensieverslae dit in twyfel trek. Trump het op […]