Trump vaar uit teen media oor beriggewing na Iran-aanvalleJune 26, 2025

Amerikaanse president Donald Trump het Woensdag die impak van Amerikaanse aanvalle op Iranse kernterreine met die Hiroshima- en Nagasaki-atoombomme en die einde van die Tweede Wêreldoorlog vergelyk. Hy het aan joernaliste by die Navo-beraad in Den Haag gesê daar was erge skade aan die fasiliteite, hoewel beskikbare intelligensieverslae dit in twyfel trek. Trump het op ‘n perskonferensie later die dag joernaliste skerp gekritiseer oor hul verslagdoening van die intelligensieverslae. Hy het geïnsinueer dat die berigte ‘n aanval is teen die vlieëniers wat die bomaanvalle op Iran se belangrikste kernterreine uitgevoer het.