Stadpolisie waarsku oor rooilig-oortredingsJune 26, 2025

Die Windhoek Stadspolisie het sy kommer uitgespreek oor die verontagsaming van rooi verkeersligte deur bestuurders in die hoofstad. Volgens die mag is 131 ongelukke in die verband sedert Januarie aangemeld met 335 bestuurders wat boetes ontvang het. Dit het ook gelei tot 20 sterftes, 11 meer as verlede jaar. Die mag sê verder dat die oranje-lig beteken dat die voertuig stadiger en nie vinniger moet ry nie. Geslotekring televisies en groter sigbaarheid sal ontplooi word.