Faith Kipyegon poog rekord vanaand June 26, 2025
Kenia se driemalige Olimpiese kampioen in die 1 500-meter, Faith Kipyegon, gaan vanaand in Parys, Frankryk, probeer om die eerste vrou te word wat die myl in onder vier-minute hardloop. Nike se “Breaking4”-projek volg op die sukses van Kipyegon’s se landgenoot, Eliud Kipchoge, se nie-amptelike marathon van onder twee-uur. Nike glo haar gevorderde hardloopskoene, wat net 85-gram weeg, sal haar ‘n baie goeie kans gee. Kipyegon, wat deur pasaangeërs gehelp sal word, moet haar eie wêreldrekord van 2023 oor die afstand met meer as sewe sekondes verbeter.