
Beplanning vir Gbs-skou vorder goed - August 16, 2024
Dit is amper tyd vir die Gobabis-skou op 26 tot 28 September, wat die blywende krag van die Omaheke-streek se landbousektor ten toon stel. Dit het ontwikkel tot ‘n platform nie net vir boere nie, maar ook vir diverse bedrywe, wat besprekings oor nuwe boerderytegnieke en -inisiatiewe bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het met Richard Peens, […]
Die PDM vergader onder sy geledere - August 16, 2024
Die Popular Democratic Movement hou hierdie naweek hul partykongres. Die party sal afsonderlike vergaderings vir bejaardes, jeug en vroue op verskillende plekke in die hoofstad hou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die PDM se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, wat sê dat hulle beplanning goed verloop.
Vandag is 12de herdenking van Marikana-slagting - August 16, 2024
Dis vandag 12 jaar sedert die Marikana-slagting in Noordwes plaasgevind het waar 44 mense, insluitend 34 stakende mynwerkers, dood is. Meer as 90 is gewond en meer as 200 is gearresteer ná botsings met die polisie. Die mynwerkers het betoog vir meer geld en beter werksomstandighede in ʼn gevaarlike bedryf waar werkers uitgebuit kan word. […]
Swede bevestig een M-pokke-geval - August 16, 2024
Swede het sy eerste geval van M-pokke bevestig wat ook die eerste geval buite Afrika is. Dit volg nadat die Wêreldgesondheidsorganisasie M-pokke die tweede keer in twee jaar as wêreldwye gesondheidsnoodgeval verklaar het. Die persoon van Swede het besmet geraak tydens ʼn besoek aan ʼn gebied in Afrika waar ʼn groot uitbreking van die virus […]
Biden spot met Trump - August 16, 2024
President Joe Biden was in Maryland om ‘n daling in die koste van voorskrif medisyne vir ouer Amerikaners aan te kondig maar, dit het vinnig ontaard in ‘n veldtog vir Demokratiese kandidaat Kamala Harris wat ook teenwoordig was. Biden se aanmerkings Donald Trump het wyd versprei. Luister self.
Skryf jou diere-baba in vir die DBV-kalender - August 16, 2024
Daar is vier dae oor om jou troeteldier in te skryf vir die Dierebeskermingsvereniging se 2025 kalender! Die publiek word uitgenooi om in te skryf vir die 2025 ‘Cutest of the Pack’ DBV-kalender se foto-kompetisie, wat Maandag sluit. Mense kan ‘n foto van hul troeteldiere instuur om ‘n kans te staan om as Dier van […]
Julie se voertuigverkope vertoon baie goed - August 16, 2024
Cirrus se voertuigverkope-verslag vir Julie wys totale verkope is 18 persent hoër as in Junie, met 1 172 eenhede verkoop. Passasiersvoertuig verkope het op ‘n maandelikse basis met 42 persent gestyg. Verkope was meer verspreid, met Toyota, Volkswagen, Kia en Suzuki wat 82 persent van alle voertuie verkoop het, ‘n toename vanaf 77 persent. Kosmos […]
Swapo vat 6 maande vir dringende hofaansoek oor Karas-raadslede - August 16, 2024
Die afdanking van drie Swapo-lede van die Karas-streeksraad het uiteindelik die hof gehaal met ‘n dringende aansoek vandag voor regter Orben Sibeya. Die lede het lank gevat met die aansoek na hulle laat in Januarie afgedank is deur die LPM-voorsitter. Swapo-lid en advokaat Sisa Namandje het die raad tot 1 Februarie gegee om die lede […]
Namibië se GBV-syfers skok - August 16, 2024
Unam Cares en die Multi-navorsingsdienste, in samewerking met die Universiteit van Oos-Finland, het aangesluit by die wêreldwye oproep vir aksie om gesinsgeweld deur vroeë ingrypings te bekamp en te verminder. Dit is gedoen deur verskeie opvoedkundige en opleidingsaktiwiteite. Verlede jaar het Unam twintig studente uit agt verskillende studiedissiplines as Opleiers van Opleiers opgelei. Dit het […]
Russiese ballerina kry 12 jaar vir N$930 skenking aan Oekraïne - August 16, 2024
‘n Vrou is in Rusland 12-jaar tronkstraf opgelê omdat sy ‘n bedrag gelykstaande aan 930 Namibiese dollar geskenk het aan ‘n welsynsorganisasie wat Oekraïne steun. Die Amerikaans-Russiese burger Ksenia Karelina is van hoogverraad beskuldig toe sy in Februarie aangekeer is tydens ‘n besoek aan Rusland. Ondersoekers het op haar selfoon agtergekom sy het die skenking […]