
Brockerhoff verskyn, saak tot Oktober uitgestel - July 30, 2024
Vermeende stroper Derick Brockerhoff en sy makker Markus Rooinasie het vanoggend voor landdros Monica Andjaba in die Windhoek-laerhof verskyn. Rooinasie het skuldig gepleit op ‘n klag van stopery na die twee in April met ‘n koedoe en gemsbok karkas oos van Windhoek gevang is. Brockerhoff sal homself verdedig en sy saak is tot 23 Oktober […]
NaCC: Motorbedryf se uitdagings struktureel van aard - July 30, 2024
Die Namibiese Mededingingskommissie kyk na die instel van maatreëls om marktoestande te verbeter na die afhandeling van ‘n ondersoek na die motorbedryf. Dit kom nadat die kommissie sy ondersoek na die motorbedryf teen verskeie vervaardigers van oorspronklike toerusting vervaardigers, bekend in Engels as OEMs, voertuighandelaars en paneelkloppers afgehandel het wat in September 2018 begin het. […]
Niks vreemds oor vergadering oor Daan Viljoen nie - July 30, 2024
Die omgewingsministerie is tans besig met ‘n bestuursplan vir Daan Viljoen Nasionale Park sowel as Gross Barmen. Verskeie vergaderings word gehou met rolspelers en belanghebbendes. Daar is gerugte wat die rondes doen dat die park dalk uitgesit sal word as hervesitigingsplaas maar, die uitvoerende direkteur in die ministerie Teofilus Nghitila sê dit is onwaar. Hy […]
Endjala loof verkiesings in Venezuela - July 30, 2024
Die hoof van die Namibiese waarnemersending na die Venezolaanse verkiesing, Erginus Endjala, doen ‘n beroep plaaslike verkiesingskommissie om die verkiesingsproses in Venezuela na te volg. Endjala beskryf die verkiesing as kalm, georganiseerd, vry en regverdig. Dit kom na berigte van kiesers wat nie by stemlokale toegelaat is nie, vertragings wat as aspris beskryf is wat […]
Venaani staan laaste keer - July 30, 2024
Die leier van die amptelike opposisie PDM-party, McHenry Venaani, het aangekondig dat hy vir die laaste keer vir die presidentskap van sy party gaan deelneem voordat hy uit die politiek tree. Die party sal sy kongres van 22 tot 24 Augustus in Katima Mulilo hou. Venaani, wat die party die afgelope tien jaar lei, sê […]
DA ondersteun opheffing van 15% BTW op hoenderprodukte - July 30, 2024
Die DA bly daartoe verbind om voorspraak te maak vir ekonomiese beleid wat die lewenskoste sal vergemaklik. Dit verwelkom die steun van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging om BTW van 15-persent op hoender af te skaf. Die party herbevestig sy voortgesette verbintenis om ekonomiese groei te bevorder, asook werkskepping en om toegang tot noodsaaklikhede te verseker sonder […]
Trump blyk om huiwerig te wees om teen Harris debat te voer - July 30, 2024
Tot dusver weier oudpresident Donald Trump om debat te voer teen die amper-Demokratiese kandidaat Kamala Harris. Hy word herhaaldelik deur die media daaroor uitgevra en het in sy jongste onderhoud met Fox News so geantwoord. Sy aanmerkings het wenkbroue laat lig omdat die debat natuurlik voor die verkiesing moet plaasvind.
VRK raak al hoe meer gewild - July 30, 2024
Die Verenigde Rugbykampioenskap het in die 2023/24-seisoen die vorige grootste televisiegehoor oortref en van 37,4 miljoen in 2023 tot 47,7 miljoen vanjaar gegroei. Meer as 1,1 miljoen het gekyk toe Glasgow Warriors die Bulle in die eindstryd klop en meer as 947 000 kykers na die Bulle in die halfeindstryd op Loftus teen Leinster. Daar […]
Elke bietjie help… reaksie op N$90m Amerikaanse skenking vir droogte - July 30, 2024
Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die Amerikaanse ambassade dat hy 90 miljoen Namibiese dollar aan die regering skenk vir droogtehulp. Die fondse is bestem vir humanitêre bystand met 1,8 miljoen dollar wat deur Unicef benut sal word om gemeenskappe in dringende nood te identifiseer. Kunene-boer en UDF-LP, Dudu Murorua sê elke bietjie help […]
Zuma skorsing sal ANC seermaak, omdat Zuma speletjies speel - July 30, 2024
ʼn Politieke ontleder sê oudpresident Jacob Zuma se skorsing uit die ANC gaan nie die ANC se hernuwingsagenda bevorder nie. Die party se nasionale dissiplinêre komitee het Zuma geskors nadat hy skuldig bevind is dat hy in die Mei-verkiesing vir die MK-party stemme gewerf en gestem het. Hy het 21 dae tyd om te appelleer. […]