
Plaaslike polisie het vroeg-vroeg Trump-skieter gesien - July 30, 2024
Die polisie in Pennsilvanië het Thomas Crooks meer as ‘n uur voor die skietery op 13 Julie volgens die FBI, gesien. ’n Plaaslike polisiebeampte het die 20-jarige Crooks uitgeken sowat ’n uur voordat Donald Trump sy toespraak begin lewer het. Hy het ook ‘n foto van hom geneem en daar is beeldmateriaal. Maar, geen ander […]
Spele: Tatjana Smith bring eerste goud vir SA - July 30, 2024
Die swem-ster Tatjana Smith het Suid-Afrika se eerste goue medalje in Parys gewen. Sy was eerste in die 100 meter borsslag vir vroue, gevolg deur China se QT Tang met silwer en Ierland se Mona McSharry wat die brons verower het. Intussen het Alan Hatherly die bronsmedalje in die bergfietsry vir mans gewen. Hy is […]
Repokoers moet in September in SA daal – dis onvermydelik - July 29, 2024
Die Suid-Afrikaanse rand het effe versterk teenoor die Amerikaanse dollar verlede week veral na die jongste inflasiesyfers uit die VSA getoon het dat die Federale Reserwebank teen September rentekoerse sal sny. Volgens dr. Roelof Botha van die Optimum-groep beteken dit dat dit onvermydelik sal wees dat Suid-Afrika ook teen September ‘n daling in die repokoers […]
TotalEnergies onttrek omdat gas nie ekonomies vir buurland ontwikkel kan word nie - July 29, 2024
Die Franse oliereus, TotalEnergies, het bekendgemaak dit onttrek van twee aflandige gasvelde in Suid-Afrika aangesien dit oënskynlik nie ekonomies lewensvatbaar is nie. ‘n Filiaal van TotalEnergies besit ‘n 45-persent-aandeel in ‘n blok teenaan die land se suidelike kus waar die velde, Brulpadda en Luiperd, ontdek is. Volgens TotalEnergies kon dit nie in ‘n kommersiële ontwikkeling […]
Harris sal die week as kandidaat vir Demokrate bevestig word - July 29, 2024
Die visepresident van Amerika, Kamala Harris, word later vandeesweek aangewys as die kandidaat van die Demokratiese Party vir die verkiesing in November. Die voorsitter van die nasionale komitee, Jaime Harrison, het bevestig verteenwoordigers sal Donderdag hieroor stem nadat vroeër aangekondig is hulle gaan nie wag vir die nasionale konvensie later hierdie maand nie. Harris se […]
Man-City se Haaland is gereed vir VSA-toer - July 29, 2024
Manchester City het stadig afgeskop op hulle voorseisoentoer in Amerika. Die kampioene van die Engelse Premierliga het verloor teen Celtic en AC Milan, met die bestuurder Pep Guardiola wat talle spelers van die akademie ingesluit het om diepte te bou en sleutelspelers te laat rus. Die ster-doelskieter Erling Haaland is egter beskikbaar. Die 24-jarige het […]
Deernis verlof vertraag Unam-studente se punte - July 29, 2024
Unam-studente op die fasiliteit se hoofkampus ervaar vertragings in die vrystelling van hulle punte. Hierdie kwessie raak veral studente in die rekeningkundige skool, wat voel hulle is in die duister gelaat oor hul akademiese vordering. Blykbaar was die dosent wat verantwoordelik was daarvoor op deernis verlof na ‘n familie-sterfte. Universiteitswoordvoerder, Simon Namesho.
Privaatsektor moet vinniger in Kaapse hawe betrek word - July 29, 2024
Die Stad Kaapstad sê Transnet moet privaat sektor betrokkenheid by hawebedrywighede bespoedig, asook die ontwikkeling en onderhoud van ‘n vloeibare grootmaat-opgaarterminaal by die Tafelbaaise hawe. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê die hawe se prestasie raak ‘n verskeidenheid van kritiese produkte – van landbougoedere tot hoë-waarde uitvoere soos wyn en seekos:
EU senuagtig… Trump wil ‘boor, boor, boor’ - July 29, 2024
Europese maatskappye wat op skoon energie fokus, laat vaar uitbreidingsplanne, maak gereed vir laer verkope, en sien befondsing van Amerikaanse projekte in twyfel weens vrese oor wat ‘n potensiële verkiesingsoorwinning vir Donald Trump vir die sektor kan beteken. Trump het die president Joe Biden se beleid om klimaatsverandering te beveg afgemaak as ‘n groen bedrogspul […]
Oliestorting na Gaemi versprei in die Filippyne - July 29, 2024
‘n Oliestorting van ‘n tenkskip wat aan die kus van Manilabaai in die Filippyne omgeslaan het, het die kus van ‘n nabygeleë vissersdorpie bereik, wat die gesondheid en lewensbestaan van vissermanne bedreig. Opruimingspogings het reeds begin. Die MT Terra Nova het 1,5 miljoen liter industriële brandstof gedra toe dit Donderdag in rowwe see as gevolg […]