
M-pokke moet by SAOG-beraad bespreek word - August 16, 2024
Die DA versoek die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, om M-pokke op die agenda in te sluit vir die naweek se 44ste Gewone SAOG-beraad van Staats- en Regeringshoofde. Die Afrika-sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming het M-pokke tot ‘n gesondheidsnoodsituasie verklaar. Die DA se nasionale woordvoerder oor Gesondheid, Michele Clarke, beklemtoon die behoefte aan ‘n gekoördineerde […]
Keniaanse owerhede verwyder ‘swak-gehalte’ (nuwe) standbeelde - August 16, 2024
’n Keniaanse stad is gedwing om standbeelde van sommige van die land se bekendste atlete te verwyder ná ’n herrie oor die swak gehalte. Twee van die standbeelde het glo die 1 500-meter wêreldrekordhouer Faith Kipyegon en marathon-legende Eliud Kipchoge uitgebeeld. Die beelde is opgerig vir ‘n geleentheid waartydens Eldoret, wat bekendstaan as die “tuiste […]
Elton John skuif weer agter die klavier in - August 16, 2024
Die musieklegende Elton John gaan die hoof-optrede lewer by die City of Hope se Spirit of Life-gala-konsert in Oktober in Los Angeles. City of Hope is een van die grootste kankernavorsing- en behandelingsorganisasies in Amerika. Die uitvoerende hoof van AEG Presents, Jay Marciano, gaan vereer word met die gesogte Spirit of Life-toekenning vir sy jarelange […]
Zambezi verdubbel 2023 se skoolswangerskap-syfers in eerste kwartaal van 2024 - August 16, 2024
Plaaslike media berig dat 147 skoolmeisies in die eerste kwartaal van die jaar in die Zambezi-streek swanger geraak het. Die is veel hoër as die 77 wat gedurende 2023 aangeteken is. Volgens die streek se jongste syfers is die jongste ‘n skamele 14 jaar oud. Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie Sanet Steenkamp het die […]
VF+ sê paroolstelsel moet opgeknap word - August 16, 2024
Die Vryheidsfront Plus versoek ‘n omvattende opknapping van die strafregstelsel en swaarder strawwe vir gewelds- en seksuele misdade. Die oproep volg na die terugtrekking van Marius van der Westhuizen se parool, wat in 2011 gevonnis is nadat hy sy drie kinders vermoor het. Woordvoerder van die party, Heloïse Denner, vra vir ‘n hersiening van die […]
Aanklaer Estrada sê oor vyf wat vir Perry se dood gearresteer is - August 16, 2024
Meer inligting is bekend oor die vyf mense wat strafregtelik aangekla word in verband met die dood van die akteur Matthew Perry. Die 54-jarige ster van Friends is by huis in Los Angeles dood en ‘n nadoodse ondersoek het ‘n hoë vlak van ketamien in sy bloed gevind. Dit is ‘n verdowingsmiddel wat gebruik word […]
Chiles-medalje: Sport-hof sê hy was onpartydig - August 16, 2024
Die Hof vir Arbitrasie in Sport ontken dat hy partydig was toe hy VSA Gimnastiek se appèlaansoek verwerp het, teen die Internasionale Gimnastiekfederasie se besluit om die Roemeen Ana Barbosu van vierde na derde plek op te gradeer in die vloer-eindronde vir vroue. Dit het die Amerikaner Jordan Chiles ‘n medalje ontneem. Die hof het […]
Nam-verskaffers moet sê oor Starlink - August 16, 2024
Elon Musk se satelliet-breëbanddiens Starlink het aansoek gedoen vir ‘n lisensie om internetdienste in Namibië aan te bied. Emma Theofelus, minister van inligting, het 14 dae aan bestaande lisensiehouers gegee om hul kommentaar te lewer oor die aansoek om eienaarskapsvereistes van Starlink Internet Service Namibia. Sy sê Starlink het aansoek gedoen vir ‘n telekommunikasiedienslisensie by […]
Cosatu eis ook meer speurders - August 16, 2024
Cosatu het sy steun toegesê aan die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se oproep vir bykomende befondsing om die kritieke tekort aan speurders aan te spreek. Bykans 300 000 onopgeloste sake, insluitend 76 655 moordsake, is sedert 2018 weens onvoldoende getuienis gesluit. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela waarsku die tekort aan bekwame personeel belemmer die pogings om […]
Japan berei voor op tifoon Ampil - August 16, 2024
Japan se spoorweë het ses sneltrein-roetes opgeskort en lugrederye het minstens 500 vlugte in Tokyo afgestel terwyl die tifoon Ampil kragtiger word in die westelike Stille Oseaan. Die storm gaan die land na verwagting vandag tref tydens die spits-somer-reisseisoen. Die tifoon het Donderdag gepaardgegaan met wind van 140-kilometer per uur en daar word voorspel dit […]