Ramaphosa sê SAOG, AU moet versterk word as vredesinstrumente - August 30, 2024

President Cyril Ramaphosa het beklemtoon Afrika is die middelpunt van Suid-Afrika se buitelandse beleid, gefokus op die versterking van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en die Afrika-unie as vredesinstrumente. Hy sê Suid-Afrika werk aan steun vir konflikoplossing in verskeie lande. Ramaphosa sê die BRICS-alliansie is uiters belangrik, met sleutel- buitelandse beleidspilare soos vrede, bestendigheid en handel:

Read More

Guterres vra vir ‘n einde aan Wesoewer-geweld - August 30, 2024

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres sê die jongste gebeure in die Wesoewer, insluitend Israel se voortgesette aanvalle, is kommerwekkend. Minstens 17 Palestyne is die week deur Israelse magte in klopjagte in die Wesoewer gedood. Guterres het ‘n beroep op Israel gedoen om onmiddellik sy optrede te staak. Hy sê dit vererger ‘n […]

Read More

Alcaraz uitgeskakel by Amerikaanse Ope - August 30, 2024

Die Nederlander Botic van de Zandschulp het die Roland Garros- en Wimbledon-kampioen, Carlos Alcaraz in die tweede ronde van die Amerikaanse Ope uitgeskakel. Die wêreld se nommer 74 het die wêreld se nommer drie met 6-1, 7-5, 6-4 geklop en die Spanjaard se droom op ‘n derde agtereenvolgende titel aan skerwe laat spat. Die wêreld-nommer-een, […]

Read More

Nog mans beskuldig hoofman van verkragting - August 30, 2024

Plaaslike media berig dat Abrosius Nghalipo, oud-soldaat en hoofman van die Oshali-Wes nedersetting in die Ohangwena-streek borg in die Oshakati-landdroshof geweier is. Nghalipo staan tereg op ‘n klagte van verkragting van ‘n 33-jarige man in sy nedersetting. Volgens wat berig word, het die hoofman die vermeende slagoffer by die plaaslike kroeg genader en gevra dat […]

Read More

Johann Rupert die rykste in Afrika - August 30, 2024

Die miljardêr en Richemont-voorsitter, Johann Rupert, is nou die rykste man in Afrika en 147ste in die wêreld. Volgens Bloomberg se jongste miljardêr-aanwyser het Rupert se netto waarde tot 270-miljard geklim terwyl die Nigeriese nyweraar, Aliko Dangote, se fortuin tot 253-miljard-rand gedaal het. Richemont is in Switserland gebaseer en die maatskappy is bekend vir sy […]

Read More

WGO mik om 90% van Gaza se kinders te ent - August 30, 2024

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê Israel en Hamas het ingestem om gevegte in Gaza tydelik te staak sodat inenting van kinders teen polio gedoen kan word. Die veldtog, wat Sondag begin, mik na die inenting van sowat 540 000 kinders oral in die Gaza-strook. ‘n Tien-maande-oue baba is gedeeltelik verlam na sy die eerste polio-geval in Gaza […]

Read More

Swakop bied kultuurfees aan - August 30, 2024

Die Swakopmund-munisipaliteit bied die Matutura-kultuurfees op 6 en 7 September aan. Die geleentheid, met die tema “My Kultuur, My Trots”, het ten doel om die belangrikheid van kulturele diversiteit in werkplekke en opvoedkundige instellings uit te lig. Die fees sal tradisionele kos, stories, danse en kulturele uitstallings bevat om waardering en respek vir verskillende kulture […]

Read More

Mbumba reis na China, nog konstruksieprojekte kom - August 30, 2024

President Nangolo Mbumba vertrek vandag na China vir die negende China-Afrika Samewerkingsforum wat op 4 September begin. Volgens die Presidensie is die forum voordelig vir Namibië omdat ons voordeel trek uit infrastruktuur-projekte soos paaie, skole en blykbaar vaardigheidsopleiding. Die forum se doelwit is om Chinese maatskappye aan Afrika-regerings voor te stel om op die vasteland […]

Read More

892 SA-maatskappye sluit sedert Januarie - August 30, 2024

Altesaam 133 ondernemings het hulle deure in Julie gesluit wat die jaar-tot-datum-totaal op 892 likwidasies te staan bring. Volgens Statistieke SA is die sektore wat die hardste getref is finansies, versekering, eiendomme, sakedienste, handel, spyseniering en akkommodasie. Ten spyte van die sluitings was daar minder sluitings in 2024 as in 2023 met ‘n jaar-tot-jaar-daling van […]

Read More

Harris ontken dat haar beleid verander het - August 30, 2024

Amerika se visepresident Kamala Harris sê as sy president word, sal sy op haar eerste dag begin om talle van haar beleidsvoorstelle in te stel om die middelklas te ondersteun en te versterk. Sy het haar eerste onderhoud sedert haar benoeming as die Demokrate se presidentskandidaat, met CNN gehad. Haar visepresidentskandidaat, Tim Walz, was ook […]

Read More