
Aanlyn-bedrogspul met Springbok-winkel - August 30, 2024
SA Rugby het ‘n dringende waarskuwing uitgereik aan aanlyn-kopers wat gevaar loop om ingeloop te word deur skelms wat voorgee dis die amptelike Springbok-winkel op sosialemediakanale. Dosyne bedrieërs is nou bedrywig op Instagram, Facebook en ander platforms en gebruik egte Springbok-beelde en geloofwaardige winkelname om voordeel te trek uit Springbokkoors. Daar is net een aanlyn […]
Koste van mediese eise styg - August 30, 2024
Namfisa sê dat mediese fondse 1,24 miljard Namibiese dollar se eise gedurende die eerste kwartaal van 2024 uitbetaal het. Volgens die owerheid se jongste verslag het gesondheidsorguitgawes ‘n 12 persent toename vanaf die vorige kwartaal getoon hoewel dit op ‘n jaargrondslag met 2,5 persent afgeneem het. ’n Kombinasie van lede se eisegedrag, prysbepaling van gesondheidsorgdienste en produkte, […]
Namcor, BW Energy se beurse nie net vir energie-sektor nie - August 30, 2024
BW Kudu, in samewerking met die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië, Namcor, het sy beursprogram uitgebrei vir minderbevoorregte studente wat ondersteun word deur die Physically Active Youth-organisasie, oftewel Pay, in Katutura, Windhoek. Nadat beurse in 2023 aan twee suksesvolle studente toegeken is, sal die aantal ontvangers in 2024 tot vier verhoog word, en beurse word tot […]
Duitse masels in vier provinsies in SA aangemeld - August 30, 2024
Die buurland se gesondheidsdepartement moedig ouers aan om te verseker hulle kinders se inentings is op datum na ‘n styging in gevalle van Duitse masels in Gauteng, die Wes-Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. Die departement stel die masels-rubella-inenting beskikbaar wat op ses maande en 12 maande toegedien word. Woordvoerder Foster Mohale raai ouers aan om moontlike […]
Abba eis (ook) dat Trump nie sy musiek gebruik nie - August 30, 2024
Abba het die derde musiekster geword wat kla oor sy musiek wat in Donald Trump se veldtog gebruik word. Die Sweedse groep eis dat die veldtog onmiddellik video’s verwyder wat die ongemagtigde gebruik van hul trefferliedjies bevat, insluitend Dancing Queen by ‘n onlangse saamtrek. Verlede naweek het die Foo Fighters gesê hulle mag nie en […]
Handelskou op Ongwediva sluit môre af - August 30, 2024
Die 23ste Ongwediva Jaarlikse Handelskou vind tans plaas en is die grootste skou in die land. Kosmos 94.1 Nuus het ‘n opdatering gekry van Loini Nghuulikwa, die sameroeper van die skou se bemarking- en publisiteitsubkomitee. Sy sê dat die skou tot dusver goed bygewoon word. Nghuulikwa verduidelik wat die skou vir die plaaslike gemeenskap en […]
Ramaphosa sê SAOG, AU moet versterk word as vredesinstrumente - August 30, 2024
President Cyril Ramaphosa het beklemtoon Afrika is die middelpunt van Suid-Afrika se buitelandse beleid, gefokus op die versterking van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en die Afrika-unie as vredesinstrumente. Hy sê Suid-Afrika werk aan steun vir konflikoplossing in verskeie lande. Ramaphosa sê die BRICS-alliansie is uiters belangrik, met sleutel- buitelandse beleidspilare soos vrede, bestendigheid en handel:
Guterres vra vir ‘n einde aan Wesoewer-geweld - August 30, 2024
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres sê die jongste gebeure in die Wesoewer, insluitend Israel se voortgesette aanvalle, is kommerwekkend. Minstens 17 Palestyne is die week deur Israelse magte in klopjagte in die Wesoewer gedood. Guterres het ‘n beroep op Israel gedoen om onmiddellik sy optrede te staak. Hy sê dit vererger ‘n […]
Alcaraz uitgeskakel by Amerikaanse Ope - August 30, 2024
Die Nederlander Botic van de Zandschulp het die Roland Garros- en Wimbledon-kampioen, Carlos Alcaraz in die tweede ronde van die Amerikaanse Ope uitgeskakel. Die wêreld se nommer 74 het die wêreld se nommer drie met 6-1, 7-5, 6-4 geklop en die Spanjaard se droom op ‘n derde agtereenvolgende titel aan skerwe laat spat. Die wêreld-nommer-een, […]
Nog mans beskuldig hoofman van verkragting - August 30, 2024
Plaaslike media berig dat Abrosius Nghalipo, oud-soldaat en hoofman van die Oshali-Wes nedersetting in die Ohangwena-streek borg in die Oshakati-landdroshof geweier is. Nghalipo staan tereg op ‘n klagte van verkragting van ‘n 33-jarige man in sy nedersetting. Volgens wat berig word, het die hoofman die vermeende slagoffer by die plaaslike kroeg genader en gevra dat […]