
Whk-bouplanne groei effe - September 19, 2024
Die Stad Windhoek het 1 292 bouplanne ter waarde van 1,25 miljard Namibiese dollar jaar-tot-datum goedgekeur, wat ‘n toename van 2 persent verteenwoordig in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. IJG Sekuriteite sê die waarde van die planne het met 37,7 persent gestyg, wat ‘n toename in die omvang van konstruksieprojekte aandui. Die makelaarsfirma sê […]
Suide-polisie misluk met veediefstal - September 19, 2024
Te oordeel aan berigte neem veediefstal regoor die land toe, wat aansienlike uitdagings vir boere inhou. In die suide het Christiaan Swartbooi, ‘n verteenwoordiger van die Gibeon-boerevereniging, die noodsaaklikheid van sterker gemeenskapsamewerking beklemtoon om die kwessie doeltreffend aan te pak. Kosmos 94.1 Nuus het met Christiaan Swartbooi gesels, wat sê in die suide het polisie-optrede […]
Repokoers tyd vir SA, ekonoom sê inflasie sal verder daal - September 19, 2024
ʼn Senior ekonoom by FNB in die buurland, Koketso Mano, sê hoofinflasie kan in September tot onder 4 persent daal omdat swak plaaslike aanvraag kerninflasie in toom hou en dalende brandstofkoste tot laer vervoerkoste lei. Statistieke Suid-Afrika het Woensdag Augustus se inflasie-data bekendgemaak. Daarvolgens het inflasie in Augustus tot 4,4 persent gedaal teenoor die 4,6 […]
4 000 erwe sal baat by elektrifiseringsplan in Whk - September 19, 2024
Die Windhoek Munisipale Raad het ‘n vyfjaar-elektrifiseringsplan goedgekeur wat daarop gemik is om die agterstand van 4 000 ongeëlektrifiseerde erwe aan te spreek. Die plan is tans in sy eerste jaar, met Okatunda een van die sleutelareas wat vir onmiddellike ontwikkeling geïdentifiseer is. Die elektrifiseringsprogram is onlangs geloods. Queen Kamati, die burgemeester van Windhoek, sê […]
Jordanië staan Gaza geamputeerdes by - September 19, 2024
Jordanië se weermag het mobiele klinieke in Gaza opgerig om geamputeerdes te help en sodoende hulp aan 14 000 mense te bied. Dit is deel van die Restoring Hope-inisiatief wat kunsledemate aan oorlogslagoffers verskaf. Jordanië se Koninklike Mediese Dienste sê hy het opgetree weens die onvermoë van hospitale in die gebied om die skerp toename […]
‘Bibi kan nie nou stop nie… hy ry fiets, as hy stop sal hy val’ - September 19, 2024
Die Libanese ambassadeur in die Verenigde Koninkryk, Rami Mortada, het met Britse media gepraat oor die aanvalle in sy land, vermoedelik deur Israel se intelligensie, Mossad. Mortada sê Israeliese premier Benjamin Netanyahu, wat op die oomblik immuun is teen vervolging op klagtes van korrupsie, sy land in ‘n stand van oorlog moet hou… hy sê […]
Kaapse Mount Nelson haal top-50 van beste hotelle - September 19, 2024
Kaapstad se Mount Nelson, ook bekend as Die Nellie of Pink Lady, het die lys van die wêreld se 50 beste hotelle gehaal. Die hotel wat 28ste is, lok paartjies na die Planet Bar, gesinne na die swembad en alle generasies vir middagtee. Capella Bangkok is boaan die lys terwyl verlede jaar se wenner, Passalacqua […]
Druk op huishoudings raak ondraaglik - September 19, 2024
Reaksie word steeds ontvang oor die maandelikse inflasie vir Augustus in Sone 2, die Khomas-streek, wat op 5,4 persent gemeet is. Dit was die hoogste inflasiekoers van al die sones. Die nasionale jaarlikse inflasie vir Augustus was 4,4 persent. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus, wat die finansiële stres van […]
Visuitvoere neem effe af - September 19, 2024
Die Namibiese Statistieke-agentskap sê die land se vis verdienste het in die tweede kwartaal van 2024 met 7,5 persent tot 3,8 miljard Namibiese dollar gedaal, van 4,1 miljard dollar in dieselfde tydperk verlede jaar. Invoere het met amper 19 persent gestyg na 206,1 miljoen dollar. Spanje was die vernaamste uitvoerbestemming vir die kwartaal onder oorsig, wat […]
Klimaatsverandering sal ontwikkeling belemmer - September 19, 2024
Klimaatsverandering en gure weerstoestande belemmer die vooruitgang in ontwikkeling, en bedreig die welstand van mense en die planeet. Dit is volgens vanjaar se United in Science-verslag wat deur die Wêreld Meteorologiese Organisasie gekoördineer is. Dit voorspel dat die aarde in hierdie eeu, onder huidige beleid, moontlik drie grade Celsius warmer kan word. ʼn Woordvoerder van […]