
Wia Gold ontdek nuwe goudneerslae by Kokoseb-projek - August 21, 2024
Die Australiese goud-eksplorasiemaatskappy Wia Gold sê boorwerk by sy Kokoseb-goudprojek het bestaande goudsones bevestig, hoëgraadse mineralisasie op diepte ontdek en ‘n nuwe gemineraliseerde gebied in die oostelike sone geïdentifiseer. Wia se uitvoerende voorsitter, Josef El-Raghy, sê boorwerk het 22,2 meter teen 2,54 gram per ton goud, 20,9 meter teen 1,53 gram per ton goud en […]
Gee Dippenaar opgeskorte vonnis: sielkundige - August 21, 2024
Die voor-vonnisverrigtinge vir Jandre Dippenaar in Swakopmund se streekhof is uitgestel tot môre. ‘n Goeie vriend van Dippenaar, Frans Grobler, en ‘n sielkundige, Willem Annendale het ter versagting van vonnis getuig. Annendale het in sy assesseringsverslag voorgestel dat Dippenaar ‘n opgeskorte vonnis opgelê word. Die staat en verdediging sal môre mondelinge voorleggings afhandel en vonnis […]
BIG wil hoor wat is partye se planne met armoede - August 21, 2024
‘n Openbare bespreking word vanaand deur die Basic Income Grant Coalition, of BIG, tussen politieke partye en presidensiële kandidate gehou oor ongelykheid en armoede. Die koalisie sê die standpunt van alle belanghebbendes moet gehoor word. Volhoubare oplossings moet gevind word om die lewenstandaarde van Namibiërs wat ekonomies swaarkry te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met […]
SA inflasie in Julie laagste sedert 2021 - August 21, 2024
Jaarlikse verbruikers-inflasie het in Julie gedaal tot die laagste vlak sedert Julie 2021. Dit het verlede maand verstadig tot 4,6-persent vanaf 5,1-persent in Junie nadat dit tien maande lank tussen 5- tot 6-persent was. Laer jaarlikse koerse is aangeteken vir verskeie produkgroepe, veral voedsel en nie-alkoholiese drankies, vervoer, en behuising en nutsdienste. Die jaarlikse koers […]
‘Swart swaan gebeurtenis’ sink luukse seiljag - August 21, 2024
Die soektog na ses mense wat vermis word nadat ‘n luukse seiljag Maandag in die vroeë oggendure aan die kus van Sisilië gesink het, is nou in sy derde dag. Reddingspanne probeer om die slaapkajuite van die jag binne te gaan, waar puin toegange blokkeer. Duikers word gehelp deur afstandbeheerde voertuie wat baie langer op […]
Waar is Outapi se sportveld, wil goewerneur weet - August 21, 2024
Erginus Endjala, goewerneur van die Omusati-streek, het tydens sy streeksrede gesê dat die sportministerie 3 miljoen Namibiese dollar toegeken het vir die ontwerp van ‘n sportveld by Outapi, maar niks is gedoen nie. Hy het die ministerie se voornemens bevraagteken en wat die oorsaak van die vertraging is. Hy sê die kwessie moet ernstig opgeneem […]
Landbou ‘moet werkskepping lei’ - August 21, 2024
KwaZulu-Natal se premier, Thami Ntuli, sê die landbousektor moet die toon aangee om oplossings te vind vir die provinsie se werkloosheidsyfer, veral wat vroue, die jeug en kwesbare groepe betref. Hy het by die provinsiale Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling se landbouberaad in Durban gepraat. Ntuli het ook beklemtoon dat dit belangrik is om […]
Montana wil ook hê Amerikaners moet oor absorsie stem in November - August 21, 2024
Montana is die agste Amerikaanse staat wat aborsieregte op die November-stembrief voeg sodat kiesers self kan besluit of hulle ‘n grondwetlike verandering steun om toegang tot die prosedure te beskerm. Vir Demokrate is aborsieregte ‘n sleutelkwessie in die verkiesing sedert die landwye reg tot die prosedure in 2022 deur die grootliks konserwatiewe Amerikaanse Hooggeregshof geskrap […]
Ervare slot Guido Petti terug vir Pumas - August 21, 2024
Rugby: Argentinië se afrigter, Felipe Contepomi, het die ervare slot Guidi Petti herroep vir die eerste keer sedert verlede jaar se Wêreldbekertoernooi. Hy is ingesluit in die groep van 34 spelers vir die twee Rugbykampioenskaps-tuistoetse teen Australië. Petti vervang die 20-jarige Efrain Elias, wat in sy eerste toets gespeel het in die onlangse oorwinning oor […]
Basiese inkomste-toelaag sal nie op drank bestee word nie - August 21, 2024
Die Basic Income Grant Coalition het al male sonder tal gesê dat ‘n basiese inkomstetoelaag ingestel moet word om armoede en wanvoeding uit te roei. Die goewerneur van die Omaheke-streek, Pijoo Nganate, het in sy streeksrede gesê 2 000 gevalle van wanvoeding is vanjaar in die streek aangemeld. Daar is egter kommer dat as ‘n […]