
Scott Barrett terug vir All Blacks teen Bokke - August 21, 2024
Rugby: Die gereelde kaptein van die All Blacks, Scott Barrett, keer na ‘n besering terug vir die twee Rugbykampioenskapstoetse teen die Springbokke. Die stut Ethan de Groot, wat in 2022 teen die Springbokke in Johannesburg beïndruk het, is ook terug na ‘n besering. Die twee toetse, in Johannesburg op die 31ste en in Kaapstad ‘n […]
Verkiesing ‘deurslaggewend vir ekonomie, jeug’ - August 21, 2024
Presidensiële kandidaat Ally Angula sê dat daar net 98 dae oorbly tot die mees ekonomies deurslaggewende verkiesing in Namibiese geskiedenis. Sy kritiseer die Swapo-administrasie vir die verergering van ekonomiese probleme oor die afgelope 34 jaar, wat tot wydverspreide armoede en werkloosheid gelei het. Angula beklemtoon die gebrek aan vervaardigings- en werksgeleenthede, afhanklikheid van pensioene en […]
Tree op teen skuldiges in Chidimma Adetshina-saak: parlement - August 21, 2024
Die parlement se portefeuljekomitee vir Binnelandse Sake vra geen verdraagsaamheid vir identiteitsdiefstal, en optrede in die Chidimma Adetshina-saak. Adetshina het aan die Mej Suid-Afrika-kompetisie onttrek nadat haar ma van identiteitsdiefstal beskuldig is. Die Departement se hoof van Teenkorrupsie, Constance Moitse, het bewyse voorgelê wat twee amptenare met die bedrog verbind. Die komitee se voorsitter, Musa […]
Oekraïne se parlement wil Oekraïnse Ortodokse Kerk verbied - August 21, 2024
Oekraïne se parlement het gestem dat die Oekraïnse Ortodokse Kerk wat Russiese bande het, verbied word. Die kerk word beskuldig dat hy vir Moskou kant kies. Kiëf probeer al jare lank geestelike bande met Rusland verbreek. Dit is versnel ná Moskou se inval in 2022, wat deur die kerk ondersteun is. Oekraïne se president Volodymyr […]
T20-Wêreldbekertoernooi vir vroue uit Bangladesj verskuif - August 21, 2024
Krieket: Vanjaar se T20-Wêreldbekertoernooi vir vroue is verskuif na die Verenigde Arabiese Emirate weens die politieke onbestendigheid in Bangladesj. Dit volg nadat eerste minister Sheikh Hasina se bewind omvergewerp is na weke se betogings waarin meer as 400 mense dood is. Die Internasionale Krieketraad glo Bangladesj sou ‘n gedenkwaardige toernooi aangebied het, maar die regerings […]
Gestrande seekoeie se lewens deur ministerie gered - August 21, 2024
Die omgewing-ministerie se onlangse ingrypings om die seekoeie wat in die Salambala-bewarea gestrand is te red, was uiters suksesvol. Die voortslepende droogte het veroorsaak dat die poel waar hierdie seekoeie woon aansienlik opgedroog het totdat net modder oorgebly het. In Mei vanjaar is die situasie as kritiek beskou en het onmiddellike optrede vereis. Die ministerie […]
Perde-uithouritte eerste keer in Swakopmund - August 21, 2024
Die perde-uithouritte vind tans vir die eerste keer in Swakopmund plaas. Die spanbestuurder, George Wessels, gesels met Francois Lottering oor wat die verwagtinge is. Die perde wat gebruik word is net Arabiere, weens hul uithouvermoë in die woesyn. Wessels verduidelik.
Namibië ‘kan teen vroeë 2030’s beduidende ru-olie-uitvoerder wees’ - August 21, 2024
Namcor se tussentydse besturende direkteur, Ebson Uanguta, het by die amptelike opening van die Namibië Olie- en Gaskonferensie die land se ontluikende rol in die globale energiesektor beklemtoon. Die land het verhoogde eksplorasie-aktiwiteite in die Oranjekom gesien, en eerste olieproduksie word teen 2030 verwag. Uanguta het die potensiële ekonomiese impak hiervan uitgelig en voorspel dat […]
Los spesiale tenderhof, Netumbo, ons het mos ‘n handelshof - August 21, 2024
Vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah het gevra vir die instelling van ‘n spesiale hof om tenderdispute te hanteer, met verwysing na die negatiewe impak wat sulke dispute op dienslewering het. Sy het verwys na gesondheidsorg, waar vertragings tot tekorte aan noodsaaklike medisyne gelei het. Sy het gepraat tydens die amptelike opening van die Omgewingsmisdaadhof in Otjiwarongo. Reaksie […]
Sekuriteitsvereniging erg bekommerd oor minimumlone - August 21, 2024
Die minimumlone wat in die Staatskoerant gepubliseer is veroorsaak groot kommer in verskeie sektore, waaronder die sekuriteitsbedryf. Van die groter maatskappye sê dat hul loon-uitgawes volgende jaar met tussen 60 en 70 persent sal toeneem, as hulle die nuwe minimumloon implementeer. Die Sekuriteitsvereniging van Namibië het met werkersvakbonde vergader en hou ook vanmiddag ‘n vergadering. […]