
Proses vir nuwe besturende direkteur by Bank Windhoek, begin - September 4, 2024
Bank Windhoek het die begin van die werwingsproses vir ‘n nuwe besturende direkteur aangekondig. Baronice Hans se ampstermyn kom volgende jaar Junie tot ‘n einde. Sy dien sedert 1 Julie 2016 in die pos en is die eerste vroulike en langsdienende besturende direkteur van die bank in sy 42-jarige geskiedenis. Hans het volgens die bank […]
SA ervaar ‘n afpersingskrisis en dit vra aandag - September 4, 2024
Die DA vra vir dringende nasionale optrede om die groterwordende afpersingskrisis die hoof te bied en waarsku dit hou ʼn beduidende risiko in vir ekonomiese stabiliteit. Ian Cameron van die DA het tydens ‘n Parlementêre debat daarop gewys afpersing versprei vinnig oor verskeie sektore, insluitend kleinsake, openbare dienste en die boubedryf. Cameron vra vir gespesialiseerde […]
Bibi en sy kabinet is die werklike bedreiging vir Israel – Olmert - September 4, 2024
Die voormalige premier van Israel, Ehud Olmert, wat tussen 2006 en 2009 gedien het, sê Benjamin Netanyahu en sy verregse kabinetsministers is die werklike bedreiging vir Israel. Hy het met Sky News gepraat.
McCullum vat witbal-afrigting ook oor - September 4, 2024
Engeland se toetsafrigter, Brendon McCullum, is van Januarie 2025 ook Engeland se witbal-hoofafrigter Hy vervang die Australiër, Matthew Mott, wat ná die T20-wêreldbeker uitgetree het. Marcus Trescothick is die witbalspan se tussentydse hoofafrigter vir die reekse teen Australië en die Karibiese Eilande later vanjaar. McCullum het ook sy kontrak tot die einde van 2027 verleng.
Waterstof: Groot planne op die horison - September 4, 2024
Die eerste uitgawe van die Wêreldwye Afrika-waterstofberaad het in Windhoek begin. Die driedaagse beraad, met die tema “Van ambisie tot aksie: die aanwakker van Afrika se groen industriële revolusie”, bring belanghebbendes van regoor Afrika en die wêreld byeen. Die fokus is om vennootskappe en kritieke finansiering te dryf om bankbare groenenergie-projekte regoor Afrika te vestig. […]
Verklaar oorlog op misdaad – Maimane - September 4, 2024
Build One South Africa eis ʼn oorlogsverklaring teen misdaad en wys op die ondoeltreffendheid van die polisie om stygende misdaad-bedrywighede hok te slaan. Volgens die party is 500 moorde per week en slegs 22 000 speurders landwyd te veel vir die polisie om te hanteer. Die leier van BOSA, Mmusi Maimane, het tydens ʼn parlementêre […]
Polio-veldtog in Gaza vorder baie goed - September 4, 2024
Die Wêreld-gesondheidsorganisasie sê net meer as 161 000 kinders onder die ouderdom van tien is sedert Sondag teen polio ingeënt. Israel en Hamas het ooreengekom op ‘n reeks gelokaliseerde opskortings van gevegte om gesondheidsorgwerkers toe te laat om die immuniserings te doen. Gaza se eerste bevestigde geval van polio in 25 jaar het verlede maand […]
Reuse-olieramp dreig in Rooisee, 4 keer groter as Exxon Valdez - September 4, 2024
Bergingsmaatskappye onder die beskerming van militêre magte van die Europese Unie probeer een van die wêreld se grootste omgewingsrampe keer. Houthi-rebelle het twee weke gelede die Griekse tenkskip MV Sounion in die Rooisee gebombardeer, en verskeie brande woed nog op die hoofdek. Die vaartuig dra ongeveer ‘n miljoen vate ruolie. Volgens BBC sê die Amerikaanse […]
Diere op paaie maak ‘n draai in die NV - September 4, 2024
Die Paaiewetsontwerp was op die agenda in die Nasionale Vergadering, waar verskeie aanbevelings gemaak is oor die omheining van kommunale gronde. Die wetsontwerp sê ook dat beheer oor mak diere ingestel moet word. Esther Muinjangue, die president van Nudo, het nog ‘n paar aanbevelings vir die wetsontwerp gemaak.
SA se groei is ‘werklose’ groei – EFF - September 4, 2024
Die EFF sê die 0,4-persent ekonomiese groei in die tweede kwartaal vanjaar is niks om te vier nie omdat dit werklose groei is. Statistieke Suid-Afrika skryf die groei toe aan die finansiële sektor, handel en eiendom. Die EFF sê die gebiede waar werk geskep word soos landbou en die mynbedryf, het afgeneem. Die landbou-, bosbou- […]