
VN vra globale hitte-noodtoestand - September 4, 2024
Die Verenigde Nasies se weer- en klimaatsagentskap vra ‘n wêreldwye rooi-noodtoestand na rekord gemiddelde temperature verlede maand vir die tweede agtereenvolgende jaar. Voorlopige data dui aan hierdie Augustus was die warmste nog aangeteken in Australië, Japan, dele van China en Noorweë. Dit was die 15de agtereenvolgende maand van temperature wat rekords oortref het. Singapoer is […]
Kolisi dalk reg vir All Blacks na gesigbesering - September 4, 2024
Rugby: Die Springbokkaptein, Siya Kolisi, gaan dalk fiks wees om Saterdag die All Blacks in Kaapstad te pak nadat hy vandag weer begin oefen het. Hy het ‘n gesigbesering opgedoen in die naweek se Rugbykampioenskapswedstryd op Ellispark, maar die swelsel het glo aansienlik gesak en daar is ‘n kans dat hy ingesluit sal word wanneer […]
Afgetredenes se belasting is ‘misbruik’ - September 4, 2024
Die gewysigde inkomste belastingwetsontwerp word tans deur die Nasionale Raad oorweeg na dit parlement dit bespreek het. Die wetsontwerp bevat die wysigings aan inkomstebelasting wat teen Oktober behoort in te tree. Die raadslid vir die Rundu-landelike kiesafdeling Paulus Mbangu het gevra dat belastingverligting uitgebrei word na pensioenarisse en afgetredenes, met die argument dat dit onregverdig […]
Senzo sê polisieplan binnekort bekend - September 4, 2024
Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het die Parlement meegedeel die nasionale polisiëringsbeleid sal teen die einde van volgende maand voltooi wees. Die beleid sal sleutelkwessies insluit soos die infrastruktuur van polisiestasies asook bedryfstandaarde, wat daarop gemik is om doeltreffendheid en diensbaarheid binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens te verbeter. Mchunu het tydens sy toespraak by die […]
As die kenner reg is, was die oorlog in die Oekraïne vir niks - September 4, 2024
Indien die Britse weermag- en verdedigingskenner Simon Diggins reg is, dan was die oorlog in die Oekraïne alles vir niks. Diggins het met Sky News gepraat. Dit beteken dat Rusland die gebied behou wat hy voor Februarie 2022 geannekseer het en die Oekraïne het meer wapens. Daar word beraam dat 70 000 mense tot dusver […]
Veilige roete vir vlugtelinge broodnodig na ramp in Engelse Kanaal - September 4, 2024
Die Vlugtelingeraad vra die Britse regering om meer veilige roetes vir asielsoekers oop te stel om die land binne te gaan. Dit volg nadat minstens 12 mense dood is toe hulle boot aan die Franse kus in die Engelse Kanaal gesink het. Meer as 60 is gered. Dis die dodelikste ramp vanjaar in die Kanaal. […]
Manslag-saak in verband met Gerhard Mans se dood van rol geskrap - September 4, 2024
Die saak in verband met rugbylegende Gerhard Mans se dood, het op niks uitgeloop nie. Die strafbare manslag-saak is vanoggend in die Katutura-laerhof deur landdros Wilka Amalwa van die rol geskrap. Die saak spruit uit Mans se dood op die Westelike Verbypad toe hy deur Jafet Paulus raakgery is terwyl hy op sy fiets was, […]
Hier is die sektore wat nie skuld kan betaal nie - September 4, 2024
Data van die Bank van Namibië toon dat die land se totale uitstaande lenings in die eerste kwartaal op 112,7 miljard Namibiese dollar gestaan het, met individue wat die grootste aandeel het op 43 persent. Hiervan word 7,1 persent as nie-presterend geklassifiseer. Volgens Amy Walters, finansiële ontleder by Cirrus, het die konstruksiebedryf die hoogste persentasie […]
LEFA boos vir Yango, InDrive, Lutombi reageer - September 4, 2024
LEFA Vervoerdienste, gefrustreerd deur voortdurende vervoerregulasie-oortredings, stel regstappe teen die Windhoek Stadspolisie en ander belanghebbendes in. Ten spyte van vorige pogings, insluitend ‘n klagte by die Mededingingskommissie, beweer LEFA dat internasionale rymaatskappye soos Yango en InDrive Namibië se Padvervoerwet oortree deur voldoening aan regulasies te vermy, wat hulle toelaat om lae tariewe te hef en […]
Netumbo spreek waterstofberaad toe, sê hulpbronne moet beskerm, benut word - September 4, 2024
Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het die eerste uitgawe van die Wêreldwye Afrika-waterstofberaad wat in Windhoek aan die gang is, vanoggend toegespreek. Die fokus is om vennootskappe en kritieke finansiering te dryf om bankbare groenenergie-projekte regoor Afrika te vestig. Nandi-Ndaitwah sê die land se natuurlike hulpbronne moet tot die voordeel van landsburgers benut, en beskerm word.