Studente se geestesgesondheid onder die loep - August 23, 2024

Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, wil hê universiteite moet geestesgesondheidskwessies oorweeg wanneer studente vra om verskoon te word van assesserings, toetse of eksamens. Tans verskoon universiteite studente slegs as hulle ‘n doktersbrief voorlê. Dorothea Nangolo, president van Nanso, het hierdie beroep gedoen tydens die Nanso Liggaams- en Geestesgesondheidseminaar, wat by Unam se hoofkampus gehou is.

Read More

DA sê hy sal Statistieke Suid-Afrika ondervra na dataflaters in sensus - August 23, 2024

Die DA veroordeel die 2022 Sensus as ‘n nasionale skandaal en vra die inligting moet hersien word, nadat Statistieke Suid-Afrika erken het daar was ernstige dataflaters. Die nasionale woordvoerder Willie Aucamp kritiseer die sensus van 2,3 miljard Suid-Afrikaanse rand, en noem die onakkurate data ‘n bedreiging vir sosio-ekonomiese beplanning. Hy sê die DA sal môre […]

Read More

R80m se dwelms in Johannesburg gevind - August 23, 2024

Twee buitelandse burgers is in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op dwelms ter waarde van 80-miljoen-rand tydens ‘n klopjag by ‘n geheime dwelmlaboratorium in Douglasdale, Johannesburg. Daar is na bewering Mandrax-tablette vervaardig. Die Gautengse polisiekommissaris, Tommy Mthombeni sê dwelmvervaardigingstoerusting en verskeie hoëkaliber-vuurwapens is gevind. Hy sê hulle vorder met optrede teen ‘n […]

Read More

Trump looi Harris se immigrasie-beleid - August 23, 2024

Die voormalige Amerikaanse president en Republikeinse presidentskandidaat, Donald Trump, het sy Demokratiese teenstander, Kamala Harris, se immigrasiebeleid veroordeel en haar as ʼn mislukte grens-tsaar beskryf. Hy het die VSA-Mexiko-grens in Arizona besoek. Volgens die jongste data is die aantal onwettige immigrante wat die VSA-Mexiko-grens oorsteek, die afgelope paar maande die laagste in jare. Trump het […]

Read More

Michelin-sterrestaurant bied kos teen 1994-pryse - August 23, 2024

Een van Londen se hoogs-aangeskrewe Michelin-sterrestaurante laat pryse van 30-jaar gelede herleef. Tussen 9 en 27 September sal die kokke by St. John, in Smithfield, klante dieselfde laat betaal as toe die restaurant se deure die eerste keer in 1994 geopen is. ‘n Porsie smeltkaas op roosterbrood, oftewel Welsh rarebit, sal beskikbaar wees teen 3-pond-50, […]

Read More

Meer as 1 000 stuks vee in Omakehe gesteel - August 23, 2024

Vee ter waarde van meer as 3,4 miljoen Namibiese dollar is tussen verlede jaar en nou indie Omaheke streek gesteel met ‘n totaal van 595 bees en 404 kleinvee. Uit die aangemelde 94 gevalle van grootvee het die polisie daarin geslaag om 126 arrestasies uit te voer en slegs 44 van die gesteelde diere teruggevind, […]

Read More

Drukgroepe sat vir Glencore se uitvoere na Israel - August 23, 2024

Die drukgroep South African Boycott, Divestment, and Sanctions Coalition vra Glencore om steenkooluitvoere na Israel te beëindig, en beskuldig die mynmaatskappy dat hy Israel se militêre optrede steun. Die groep meen die maatskappy dra by tot volksmoord en die onwettige besetting van Palestina. Roshan Dadoo van die koalisie doen ‘n beroep op die regering om […]

Read More

IDF wil in Gaza bly, daarom werk ooreenkoms nie - August 23, 2024

Onenigheid oor Israel se toekomstige militêre teenwoordigheid in Gaza en oor die vrylating van Palestynse gevangenes belemmer ‘n wapenstilstand en gyselaarsooreenkoms, volgens tien bronne wat vertroud is met die rondte van VSA-bemiddelde samesprekings wat verlede week afgehandel is. Reuters berig die meningsverskille spruit uit eise wat Israel ingestel het sedert Hamas ‘n weergawe van ‘n […]

Read More

Max is gereed vir die naweek - August 23, 2024

Die heersende Formule Een kampioen, Max Verstappen, sê hy is nie oorgerus oor sy vooruitsig om die naweek sy tuis-wedren, die Nederlandse Grand Prix, te wen nie. Die Red Bull-renjaer met 78 punte is voor Lando Norris van McLaren in die Bestuurderskampioenskap. Sedert sy terugkeer in 2021, het Verstappen elke Nederlandse Grand Prix gewen. Die […]

Read More

Namaf pers ons af – NPPF - August 23, 2024

Die Namibië Private Praktisynsforum sê die Vereniging van Namibiese Mediese Fondse, Namaf, pers privaat praktisyns af en voeg by die registrateur van mediese fondse dit moontlik maak. Namaf het te kenne gegee dat alle privaat praktisyns die ICD-10-koderingstelsel, wat deur sommige regerings gebruik word om data oor siektes en mediese toestande te kodeer, moet gebruik […]

Read More