
Siya se terugkeer na Haaie dalk te duur - August 24, 2024
Springbok-kaptein, Siya Kolisi, se verwagte terugkeer na die Haaie ondervind glo probleme. Volgens onlangse berigte wil die flank vrygestel word van sy kontrak met die Franse reus, Racing 92, na minder as ‘n jaar van sy driejaar-ooreenkoms, nadat die eienaar van Racing, Jacky Lorenzetti, openlik krities was oor sy gebrek aan prestasie. Lorenzetti vra glo […]
Qatar Airways se aandeel in Airlink tot voordeel van FlyNamibia - August 24, 2024
FlyNamibia verwag om groter passasiersvolumes te ervaar met Qatar Airways se verkryging van ‘n 25 persent belang in Suid-Afrika se Airlink. Die maatskappy se besturende direkteur Andre Compion het met The Brief gepraat en sê streeksverbindings sal verbeter wat meer reisigers na sy roetes sal lok. Airlink besit 40 persent van FlyNamibia en het ‘n […]
Beloning aangebied vir arrestasie van Keniaanse vermeede reeksmoordenaar - August 24, 2024
Die polisie in Kenia het ‘n beloning van 1 500 Amerikaanse dollar aangekondig vir inligting wat lei tot die inhegtenisname van Collins Jumaisi, ‘n vermeende reeksmoordenaar wat Dinsdag uit ‘n Nairobi-polisiesel ontsnap het. Jumaisi, word daarvan beskuldig dat hy 42 vroue oor ‘n tydperk van twee jaar vermoor het. Hy het saam met 12 Eritreërs […]
Suidooste van Brasilië brand, suikerrietlande geraak - August 24, 2024
Brasilië se Sao Paulo-staat loop deur onder reuse-veldbrande wat 30 van sy stede raak met sommige wat tot stilstand gekom het. Twee mense is dood in bestrydingspogings. Die gebied is die afgelope dae deur droë, warm weer geraak en die brande versprei met rukwinde. Meer as 11 miljoen mense woon in Sao Paolo, die hoofstad […]
Beserings teister die All Blacks - August 24, 2024
Die All Blacks se beseringslys word langer met stut Ethan de Groot die nuutste om die twee toetse teen die Springbokke in die Rugbykampioenskap mis te loop. Hy het nie betyds van ‘n nekbesering herstel nie wat hom ook uit die tweede toets teen Argentinië gehou het. Dit volg op die beserings aan slot, Patrick […]
LPM se Labuschagne bepleit vir Starlink toegang - August 24, 2024
Keetmanshoop landelike kiesafdeling raadslid Willem Labuschagne het ‘n beroep op inligtingminister Emma Theofelus gedoen om Starlink se aansoek by die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, te ondersteun. Labuschagne beklemtoon dat Starlink internetdienste kan aanbied sonder dat uitgebreide konstruksie nodig is, wat dit geskik maak vir Namibië, veral in landelike gebiede. Hy het die toenemende […]
SANW en Chinese weermag voer humanitêre oefeninge uit - August 24, 2024
Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, het die humanitêre mediese verligtingshulp-oefening tussen die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die Chinese Peoples Liberation Army verwelkom. Die departement se woordvoerder, Siphiwe Dlamini, sê die Chinese vlootskip, Daisho Dao, bekend as die Vredes-ark, is tot Woensdag besig met ‘n humanitêre en mediese oefening saam met die […]
VSA rentekoersverlaging op die horison - August 24, 2024
Die voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad, Jerome Powell, sê dit het tyd geword vir ‘n verlaging in sy sleutel rentekoers, met kenners wat sê leningskoste kan so vroeg as volgende maand daal. Powell het gister die Kansas City Federale Reserweraad se jaarlikse konferensie in Jackson Hole, Wyoming, toegespreek en sy voornemens duidelik gemaak om […]
Verskeie veranderings aan WP-span teen Sharks in Kaapstad - August 24, 2024
Willie Engelbrecht keer terug na ‘n besering en voer die Westelike Provisie aan in die Curriebeker-kragmeting vandag teen die Haaie. Engelbrecht vorm saam met Louw Nel en Paul de Villiers die lostrio. Slot Enos Ndiao maak sy eerste verskyning hierdie seisoen langs André Goedhals. In die voorry vervang Vernon Matongo vir Steven Kitshoff. Die nuwe […]
Landelike elektrisifering vorder goed - August 24, 2024
‘n Projek van 10 miljoen Namibiese dollar om die Kongola na Masambo-kraglyn te vestig en die Masambo Laerskool in die Zambezi-streek te elektrifiseer, is voltooi. Die projek sou aanvanklik 3,62 miljoen dollar gekos het. Die pogings is in lyn met die lynministerie se breër doelwit om teen 2040 universele toegang tot elektrisiteit te bereik. Lynminister […]