
Staak Sirië gevegte dringend: VN-hoof - December 6, 2024
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, doen ‘n beroep vr ‘n dringende einde aan gevegte in Sirië na die onlangse toename in vyandighede in die voortslepende burgeroorlog. Siriese rebelle het beheer oorgeneem van ‘n tweede groot stad, Hama, nadat die Weermag vroeër die week sy soldate onttrek het. Meer as ‘n halfmiljoen mense is […]
Proteas uit vir 358 in eerste kolfbeurt teen Sri Lanka - December 6, 2024
Krieket: Sri Lanka het Suid-Afrika vir 358 uitgehaal op die tweede oggend van die tweede toets in Gqeberha – maar nie voor Kyle Verreyne die gashere se tweede honderdtal aangeteken het nie. Hy was uiteindelik onoorwonne op 105 nadat Ryan Rickelton gister sy eerste toetshonderdtal behaal het. Kaptein Temba Bavuma het 78 bygedra en Kagiso […]
Namises sê NNN se regering sal nie vertrou word nie - December 6, 2024
’n Beduidende deel van die bevolking is van mening dat daar moontlik met die verkiesings gepeuter is, en daar is ‘n persepsie dat die land se leierskap korrup is. Dit het gelei tot ‘n gebrek aan vertroue in die verkiesingsproses en die regering se verbintenis tot deursigtigheid en aanspreeklikheid. Kosmos 94.1 Nuus het met Rosa […]
Olie daal effe, Opul stel verhogings uit - December 6, 2024
Oliepryse het vandag effe gedaal en het vir die week met 1 persent geval. Dit kom na swak vraag en die aankondiging deur Opul en sy vennote dat aanbodverhogings uitgestel is tot die einde van 2026 met die begin van produksie-stygings eers vir April 2025 beplan. Opul is verantwoordelik vir ongeveer die helfte van die […]
SAL-staking moet opgelos word, dringend - December 6, 2024
Die DA sê die voortgesette staking van vlieëniers by die Suid-Afrikaanse Lugdiens moet dringend opgelos word om skade aan die toerismeseisoen te voorkom. Die party waarsku ontwrigtings tydens die spitstyd kan lei tot miljoene rande se verlore inkomste, omdat talle passasiers gewoonlik in Desember met die redery vlieg. Haseena Ismail van die DA versoek die […]
Kampioenebeker-reeks skop die naweek af - December 6, 2024
2024/25 se Kampioenebeker-reeks begin die naweek, en die eerste wedstryd is vanaand in Engeland tussen Bath en La Rochelle. Drie Suid-Afrikaanse spanne speel in die kompetisie, wat beskou word as die toppunt van klubrugby in die wêreld. Dit behels 24 spanne wat in vier groepe meeding. Die Haaie speel môremiddag in Durban teen Exeter Chiefs, […]
Kinderhuwelike in Namibië en die wet - December 6, 2024
Kinderhuwelike in Namibië, wat dikwels in kulturele tradisies gewortel is, raak 2 persent van meisies onder 15 en 7 persent van onder 18’s. Ten spyte hiervan vorder Namibië met regshervormings, soos die Wet op Kinderhuwelike van 2018. Voortgesette ontwikkeling van toepaslike wette en die afdwing daarvan is van kardinale belang om kinderhuwelike stop te sit. […]
Desert Dash: 900 vat die 20ste een aan oor 401km - December 6, 2024
Die 20ste Desert Dash begin oor net minder as ‘n uur en meer as 900 fietsryers het in die verskillende kategorieë ingeskryf vanjaar. Een van hulle is Silke Bean wat saam met drie ander dames, die Towerbos Ladies-span uitmaak. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
TransNamib sal eers oor drie jaar wins toon – Van Jaarsveld - December 6, 2024
Die uitvoerende hoof van TransNamib, Desmond van Jaarsveld, sê dit sal nog drie jaar neem voor die maatskappy enige wins sal toon. Intussen het hy ‘n lening van 2,6 miljard Namibiese dollar van die Ontwikkelingsbanke van beide Namibië en Suid-Afrika ontvang maar, hy sê dit is bekom as gevolg van sy bates. Dus, sal die […]
150 lande kom volgende week hier bymekaar vir natuurvergadering - December 6, 2024
Honderde afgevaardigdes van meer as 150 lande sal volgende week in Windhoek die 11de voltallige vergadering van die Interregeringswetenskap-beleidsplatform oor biodiversiteit en ekosisteemdienste, IPBES, bywoon. Die omgewingministerie sê die geleentheid sal bewustheid oor Namibië se biodiversiteit verhoog. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Morgan Hauptfleisch van die Namibiese Natuurstigting oor wat die internasionale afgevaardigdes […]