
Herinnering-trilogie oor volksmoord sluit af - November 8, 2024
“A Trilogy to Remembrance, Part III: Shaping a Brighter Future” is afgesluit in ‘n paneelbespreking wat die volksmoord en versoening herdenk het. Die trilogie het gekyk na die bewusmaking en opvoeding van die jeug oor die OvaHerero- en Nama-volksmoord van 1904 tot 1908. Die trilogie het geëindig met die bekendstelling van die boek “An Unresolved […]
US baan weg vir mensagtige robots - November 8, 2024
Die Universiteit Stellenbosch se Departement van Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese het ‘n hipermoderne navorsingsplatform bekend gestel wat die weg baan vir mensagtige robots. Doktor William Duckitt van die universiteit sê die baanbrekerplatform stel gevorderde robotika-tegnologie ten toon en demonstreer die krag van inter-dissiplinêre samewerking in ingenieurswese. Hy voeg by die mensagtige robot staan ten volle […]
Ierland mik na oorwinning oor All Blacks - November 8, 2024
Rugby: Ierland se hoofafrigter, Andy Farrell, sê toetse teen die All Blacks is altyd ekstra spesiaal en vanaand se kragmeting in Dublin gaan nie oor wraak vir verlede jaar se nederlaag teen Nieu-Seeland in die kwarteindronde van die Wêreldbekertoernooi nie. Hy beskryf die Kiwis as een van die beste spanne in die wêreld en sê […]
Privaatsektor moet help in skole: Erongo-goewerneur - November 8, 2024
Neville Andre, goewerneur van die Erongo-streek, het die kritieke rol van rekenaartegnologie in skole beklemtoon en inligtingstegnologie ‘n poort na kennis, kreatiwiteit en innovasie genoem. Hy het gepraat by die inwyding van ‘n nuwe rekenaarklaskamer en grensmuur van 610 000 Namibiese dollar by Matutura Sekondêre Skool in Swakopmund, geskenk deur Swakop Uraan. Andre het beklemtoon […]
SA open Mos-grensoorgang gedeeltelik - November 8, 2024
Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Mike Masiapato, het ʼn gedeeltelike heropening van Suid-Afrika se grens met Mosambiek aangekondig sodat mense en vrag kan deurgaan. Dit volg na gesprekke met leiers in Mosambiek. Masiapato het op die grens gepraat en Suid-Afrikaners ontmoedig om vir ontspanning na Mosambiek te reis weens moontlike konflik na die verkiesing. Hy […]
43 ape ontsnap uit VSA navorsingsgerief - November 8, 2024
Inwoners van ‘n dorp in Suid-Carolina is waaksaam nadat 43 ape uit ‘n navorsingsgerief ontsnap het. Die rhesus macaque ape het uit die Alpha Genesis Primate Research Centre in Yemassee ontsnap nadat ‘n opsigter per ongeluk nie die deure beveilig het nie. Die gerief spesialiseer in nie-menslike primaatnavorsing vir die biomediese gemeenskap en is een […]
Rassie wys Eben aan as kaptein teen Skotland - November 8, 2024
Rugby: Die Springbok-losvoorspeler Kwagga Smith speel Sondag sy 50ste toets wanneer die Springbokke Skotland op Murrayfield aandurf. Die slotte Franco Mostert en RG Snyman keer terug ná ‘n lang afwesigheid weens beserings. Afrigter Rassie Erasmus het Eben Etzebeth as kaptein aangewys met Siya Kolisi wat op die bank begin. Daar is sewe voorspelers en een […]
So kan jong kiesers ingeligte verkiesingskeuses maak - November 8, 2024
Namate Namibië se verkiesings nader kom, is baie jong kiesers verskeur tussen groepsdruk en hul eie keuse. Terwyl groepinvloed hul stem kan laat swaai, dryf die begeerte na opregte verteenwoordiging hulle om kandidate krities te wil beoordeel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Nangula Mbako, ‘n Swapo-jeugaktivis, wat raad het vir jong kiesers oor […]
Sokker se MTC Maris-beker bied N$1,5 miljoen prysgeld - November 8, 2024
Die MTC-filiaal Windhoek General Administrators het die MTC Maris-beker geloods, ‘n baanbrekende sokkertoernooi met die grootste prys in Namibiese geskiedenis. Die kompetisie sal bestaan uit die 16 klubs in die Debmarine Premierliga, wat sake sal uitspook vir ‘n rekord 1,5 miljoen Namibiese dollar wenbedrag. Die MTC Maris-beker skop af op 25 Januarie met die ronde […]
Regering ‘moet meer deursigtig wees oor uitgawes’ - November 8, 2024
Om sy begrotingsverpligtinge vir die 2024–2025-boekjaar na te kom, beoog die regering om tussen vandeesmaand en Maart volgende jaar 4,6 miljard Namibiese dollar te leen. Dit is volgens ‘n regeringsleningstrategieplan deur die Bank van Namibië en die finansministerie. Dit sal help om die opgedateerde begrotingstekort aan te spreek, aangesien totale staatsbesteding na verwagting 106,1 miljard […]