2024 gaan warmste jaar op rekord wees: Copernicus-verslag - November 7, 2024

‘n Verslag deur wetenskaplikes van die Europese Unie se Copernicus-klimaatsveranderingsdiens dui aan 2024 sal heel waarskynlik 2023 oortref as die warmste jaar wêreldwyd. Volgens Reuters oorskry die planeet se temperatuur nou die voor-nywerheidsgemiddeld met meer as 1,5-grade Celsius, wat ‘n kritieke mylpaal is. Fossielbrandstowwe se koolstofuitstralings is steeds die grootste drywer van stygende temperature. Die […]

Read More

Britse en Ierse Leeus kry nuwe trui - November 7, 2024

Rugby: Die Britse en Ierse Leeus gaan ‘n trui in ‘n donkerder rooi dra tydens volgende jaar se toer in Australië. Dit bevat ‘n patroon wat in die materiaal ingeweef is wat die samesmelting van vier nasies simboliseer. Die toer sal bestaan uit 11 wedstryde, insluitend drie toetse teen die Wallabies, van 20 Junie tot […]

Read More

Langer kraamverlof ‘om stemme vir Swapo te lok’ - November 7, 2024

Kraamverlof vir staatsdienswerknemers is onlangs van 12 tot 14 weke verleng en ‘n aanvulling-betaling is ingestel. Die betaling verseker dat werknemers hul volle basiese salaris sal kry, en dek die verskil tussen hul gewone salaris en die Maatskaplike Sekerheidskommissie se kraamverlofvoordeel. Die aankondiging het debat ontlok. Geslagsaktivis Ngamane Karuaihe-Upi sê dat dit ‘n strategiese skuif […]

Read More

Bo-50 Afrikabeker 2024-reeks binnekort in Windhoek - November 7, 2024

Die Veterane Krieketvereniging van Namibië sal die Bo-50 Afrikabeker 2024-reeks in Windhoek aanbied, waar Namibië teen Suid-Afrika se A- en B-spanne en Zimbabwe sal kragte meet. Die toernooi sal bestaan uit agt 45-boulbeurte-wedstryde wat by die Namibië Krieketgronde, Wanderers Sportklub en Trustco United Sportklub gespeel sal word. Namibië speel teen Suid-Afrika A te Wanderers in […]

Read More

Goeie vordering met abattoirs, slagpale in noordelike streke - November 7, 2024

Tydens die deurlopende toesigbesoeke deur die parlementêre Staande Komitee vir Ekonomie en Publieke Administrasie in die Noordelike Kommunale Gebiede, het dit aan die lig gekom dat vier abattoirs en slagplase aandag verg om uitdagings wat boere in die gesig staar, te verlig. Die besoeke spruit uit ‘n petisie wat die Nasionale Vergadering in 2022 ontvang […]

Read More

EU-koolstofregulasies kan Namibië bevoordeel - November 7, 2024

Die Groenwaterstof-kommissaris, James Mnyupe, het by die Namibië-EU Handels- en Volhoubaarheidskonferensie in Windhoek uitgelig hoe die EU se koolstofgrensaanpassingsmeganisme, of CBAM, Namibië se beoogde groen produkte, soos groen yster en ammoniak, kan bevoordeel. CBAM maak die speelveld gelyk deur koolstofprysaanpassings op invoer van lande met minder streng klimaatbeleide af te dwing. Dit sal Namibiese groen […]

Read More

Omgewingminister verduidelik wild-uitdun vir droogtehulp - November 7, 2024

Omgewingminister Pohamba Shifeta het tydens die regerings-inligtingsessie gepraat oor die ministerie se deurlopende projekte. Hy het meer inligting oor die mens-wild-konflikvergoeding aan geaffekteerde gemeenskapslede gegee. Hy het ook die uitdun van wild vir droogtehulp verduidelik.

Read More

Brandstoftekorte in Zim oor Mosambiek-onluste - November 7, 2024

Brandstoftekorte word in Zimbabwe en ander buurlande ervaar as gevolg van die politieke onrus in Mosambiek. Zimbabwe se brandstof- en baie ander invoere kom via Maputo se hawe, wat nou ook nie meer vrag inneem nie weens die onstabiliteit wat dikwels op geweld uitloop. Eddie Cross, ‘n ekonoom in Zimbabwe, praat eksklusief met Kosmos 94.1 […]

Read More

Dit het begin reën, meer op pad! - November 7, 2024

Verskeie gebiede in die Otjozondjupa-streek, insluitend Grootfontein, Otjiwarongo, Okakarara en Klein-Waterberg, het Woensdag aansienlike reënval geniet. Plase naby Otjiwarongo, soos Sukses en Doornkom, het tussen 20 en 40 mm aangeteken en ligte reën het ook in die noordelike gebiede geval, insluitend Rundu in Kavango-Oos en Tsumeb in Oshikoto. Namibië Meteorologiese Diens voorspel vandag of môre […]

Read More

TotalEnergies kry teenstand in SA hof - November 7, 2024

Omgewings- en gemeenskapsgroepe, insluitend die Green Connection, Aukotowa Fisheries en Natural Justice het die Hooggeregshof in die Wes-Kaap gevra om TotalEnergies se planne om langs die Suid-Afrikaanse weskus vir olie te boor, te keer. Hulle is van mening die regering het met die goedkeuring van die projekte nie ag geslaan op die risiko vir die […]

Read More