Olie daal effe, Opul stel verhogings uit

Oliepryse het vandag effe gedaal en het vir die week met 1 persent geval. Dit kom na swak vraag en die aankondiging deur Opul en sy vennote dat aanbodverhogings uitgestel is tot die einde van 2026 met die begin van produksie-stygings eers vir April 2025 beplan. Opul is verantwoordelik vir ongeveer die helfte van die wêreld se olie-uitset, en sou reeds in Oktober produksie opgestoot het. Op die oomblik verhandel ‘n vat net bo 71 Amerikaanse dollar.