Staak Sirië gevegte dringend: VN-hoof
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, doen ‘n beroep vr ‘n dringende einde aan gevegte in Sirië na die onlangse toename in vyandighede in die voortslepende burgeroorlog. Siriese rebelle het beheer oorgeneem van ‘n tweede groot stad, Hama, nadat die Weermag vroeër die week sy soldate onttrek het. Meer as ‘n halfmiljoen mense is dood sedert die burgeroorlog in 2011 uitgebreek het na president Basjar al-Assad se gewelddadige onderdrukking van vreedsame pro-demokratiese betogings. Guterress vra ‘n ernstige dialoog.