
Veeteelt kan deel wees van klimaatoplossings - October 22, 2024
Die klimaatafgevaardigde in die kantoor van die Keniaanse president, Ali Mohamed, sê veeteelt moet gesien word as deel van die stryd teen klimaat- en omgewingskrisisse. Die veesektor verteenwoordig 30- tot 40-persent van die totale bruto binnelandse produk in Afrika. Mohamed sê in ‘n meningsartikel vir Aljazeera verbeterde landbougrondbestuur en die aanvaarding van klimaatslim-voerpraktyke kan vee-verwante […]
Wallis se Gatland maak veranderinge aan sy span vir komende toetse - October 22, 2024
Wallis se afrigter Warren Gatland het twee nuwelinge, Freddie Thomas en Blair Murray, gekies vir die groep van 35 vir die komende toetse teen Fidji, Australië en Suid-Afrika. Die 31-jarige skrumskakel, Rhodri Williams, is herroep, meer as tien jaar nadat hy die laaste keer vir Wallis uitgedraf het. Die haker Dewi Lake sal steeds die […]
Chaos in Johannesburg? Waarneming het nog nie begin nie… - October 22, 2024
‘n Afvaardiging van die Namibiese Verkiesingskommissie en 18 politieke partye het nog nie begin met die waarneming van die druk en verpakking van stembriewe in Johannesburg nie. Die groep het reeds Sondag vertrek en die proses moes Maandag reeds begin het omdat tyd min raak. Ivan Skrywer van die LPM sê al die partye kan […]
IVP sê GNU moet Suid-Afrikaners met spaza-winkels help - October 22, 2024
Die IVP het ‘n beroep gedoen vir dringende optrede om meer Suid-Afrikaners te help met die besit van spaza-winkels om voldoening aan veiligheidstandaarde te verseker en plaaslike sake-eienaarskap ‘n hupstoot te gee. Die partyleier, Velenkosini Hlabisa, het kommer uitgespreek ná ‘n toename in gevalle van voedselvergiftiging in Gauteng, wat na bewering verband hou met produkte […]
Zim se kragtekorte dwing ekonomie op sy knieë - October 22, 2024
Die lae vlakke van die Zambezi-rivier wek kommer in Zimbabwe. Die land genereer tans 1 020 megawatt met Kariba wat net 320 megawatt kan bydra. Kenners beskryf die opwekkingskapasiteit van Zimbabwe, op maksimum 2 000 megawatt as pateties en sê daar is nie pas gehou met die bevolkingsgroei nie. Die land het amper 16,7 miljoen […]
Biden vereer kunstenaars met nasionale medaljes - October 22, 2024
President Joe Biden het vermaakkunstenaars soos Steven Spielberg, Missy Elliott, Spike Lee en Queen Latifah by die Withuis vereer. Hy het die ontvangers van die 2022 en 2023 Nasionale Medaljes vir Kunste en Geesteswetenskappe vereer. Die Kunste-medalje is die hoogste eer wat aan kunstenaars toegeken word en gee erkenning aan uitstaande individue en organisasies wat […]
Watergehalte in Oranje daal, ontleding is onderweg - October 22, 2024
Die Oranje-Senqu-rivierbekken-kommisie, of Orasecom, het in sy Derde Gesamentlike Opnameverslag kommer uitgespreek oor die dalende watergehalte in die rivierbekken. Namibië, Suid-Afrika, Botswana en Lesotho deel dit. Die afname in watergehalte word toegeskryf aan die uitbreiding van mynbou- en landbouaktiwiteite, swak bestuur van afvalwater en vaste afval, en onvoldoende sanitasie-infrastruktuur. Vivian Kinyaga van die Orasecom sekretariaat […]
Vernuwing, samewerking nodig om kubermisdaad te bekamp - October 22, 2024
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum het ‘n beroep gedoen vir verbeterde samewerking tussen banke, wetstoepassing en reguleerders om die toenemende kubermisdaadbedreigings aan te spreek. Sy 2023-verslag het ‘n toename van 47-persent in digitale bankbedrog ontbloot, met misdadigers wat gevorderde tegnologie soos kunsmatige intelligensie uitbuit. Sabric se uitvoerende hoof, Nischal Mewalall, sê ondanks ‘n paar positiewe neigings, vereis […]
Soedan se weermag bevestig oorloop van RSF-bevelvoerder - October 22, 2024
Soedan se weermag het bevestig ‘n bevelvoerder van die Rapid Support Forces het na hom toe oorgeloop. Ondersteuners van die weermag het foto’s aanlyn geplaas wat voorgee om Abuagla Keikal te wys – ‘n voormalige weermagoffisier wat die RSF se topbevelvoerder in die suidoostelike deelstaat El Gezira geword het – nadat hy oorgeloop het. Die […]
Moldawië stem 50,39 persent vir EU-lidmaatskap - October 22, 2024
Moldawië se president, Maia Sandu, het misdadige groepe beskuldig van die ondermyning van ‘n referendum oor lidmaatskap van die Europese Unie. Ongeveer 50,39 persent het daarvoor gestem. Sandu se bewerings sluit in die befondsing van pro-Moskou-opposisiegroepe, die verspreiding van waninligting, inmenging met die plaaslike verkiesing en die steun van ‘n groot stemme-koop-strategie. Moskou het herhaaldelik […]