
Venaani prys jeugopkoms by PDM-saamtrek - October 13, 2024
McHenry Venaani, president van die Popular Democratic Movement, het sy tevredenheid uitgespreek met die hoë opkoms van jong mense by die party se saamtrek in Outapi, in die Omusati-streek. Hy beklemtoon dat die mag by die jeug lê, wat die meerderheid van die land se bevolking verteenwoordig. Daar word verwag dat 71 persent van jongmense […]
SA Tesourie kritiseer weermag se salariskoste - October 13, 2024
Die Nasionale Tesourie het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gekritiseer oor sy stygende salariskoste ondanks pogings om personeel te verminder. Die Tesourie het onthul miljarde rand is bestee om die Weermag te verklein, maar personeelkoste bly die hoogte inskiet. Kommer is uitgespreek oor ongerymde uitgawes en finansiële wanbestuur, terwyl oortydbetaling skerp gestyg het. Die Tesourie sê […]
China beloof subsidies om ekonomie te steun - October 13, 2024
Die Chinese regering beloof ‘n “aansienlike toename’ in die uitreik van regeringskuld om subsidies te bied aan lae-inkomste inwoners, die eiendomsmark te steun en die kapitaal van staatsbanke aan te vul terwyl druk uitgeoefen word om die sukkelende ekonomie te laat herleef. Ekonomiese data die afgleope paar maande was minder as die beramings, wat kommer […]
Cecil Koorts Jr maak reg vir ROK-beker Superfinaal in Italië - October 13, 2024
Namibië se Cecil Koorts Junior van Team Cema is tans in Lonato, Italië, waar hy gereedmaak om aan die knortjor ROK-beker Superfinaal 2024 deel te neem. Meer as 400 jaers van regoor die wêreld sal van Dinsdag tot Saterdag by die South Garda Karting-baan in Lonato sake uitspook. Koorts Junior neem van Vrydag af deel […]
Stel universele basiese inkomstetoelaag in: VN-verslag - October 13, 2024
’n Nuwe verslag deur Olivier De Schutter, die VN se spesiale rapporteur oor uiterste armoede en menseregte, vra vir die implementering van ’n universele basiese inkomstetoelaag in Namibië. Ekonomiese skokke en onsekerheid word gekoppel aan hoë vlakke van depressie en angs. De Schutter voer aan dat onvoorwaardelike maatskaplike beskermingskemas ‘n gevoel van sekuriteit kan bied […]
DA soek hersiening van Phala Phala-skandaal - October 13, 2024
Die DA beplan om ‘n hersiening aan te vra by die direkteur van Openbare Vervolging, in Limpopo, Ivy Thenga, na die besluit om niemand in die Phala Phala-skandaal te vervolg nie. Die DA se woordvoerder oor Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Glynnis Breytenbach, sê die party kritiseer die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke se ondersoek en meen daar […]
Vyfde VN-vredesmaglid in Libanon gewond - October 13, 2024
Die Verenigde Nasies se tussentydse mag in Libanon, UNIFIL, sê ‘n vyfde VN-vredesmaglid is in Naqoura in geweervuur gewond. Die oorsprong van die aanval is nie bekend nie en die vredesmaglid is bestendig na ‘n operasie. Dit volg nadat wêreldleiers aanvalle op UNIFIL-personeel deur Israelse magte in die suide van Libanon veroordeel het, na die […]
Trump val Harris aan in Coachella, Kalifornië - October 13, 2024
Donald Trump het Saterdagaand ‘n saamtrek gehou in Coachella in Kalifornië, ‘n staat waar hy amper verseker gaan verloor. Hy wou vise-president Kamala Harris verbind met wat hy beskryf het as die mislukkings van haar tuisstaat. Harris, die Demokratiese presidensiële genomineerde, was voorheen die staat se junior senator en prokureur-generaal. Trump het ook geld ingesamel. […]
Keetmanshoop kry nuwe binnelandse sake-streekkantoor - October 13, 2024
’n Nuwe streekkantoor vir binnelandse sake en immigrasie in die Karas-streek is deur visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah in Keetmanshoop ingehuldig. Die nuwe kantoor is langs die kiesafdelingsraadslid se kantoor op die dorp. Nandi-Ndaitwah het die belangrikheid beklemtoon om dienste nader aan die mense te bring. Die nuwe kantoor sal noodsaaklike nasionale dokumente verskaf en immigrasiebeheer versterk. […]
Umalusi keur Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen goed - October 13, 2024
Umalusi het 2024 se Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen goedgekeur wat vanaf 21 Oktober tot 28 November sal plaasvind. Die uitvoerende hoof, Mafu Rakometsi, het leerders en onderwysers versoek om alle gekullery te vermy, insluitend groeps-duplisering, wat selfs soms onderwysers betrek. Hy het ook gemeenskappe ontmoedig om met versetoptrede die eksamen te ontwrig, en beklemtoon dit stel […]