
VN vra ingryping om spanning in Midde-Ooste te ontlont - September 25, 2024
Die Verenigde Nasies doen ʼn dringende beroep vir internasionale ingryping om die toenemende spanning in Libanon te ontlont. Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het Libanese burgerlikes aangeraai om gebiede wat Hezbollah vir militêre doeleindes gebruik, te vermy. Die onder-sekretaris-generaal, Rosemary DiCarlo, waarsku toenemende geweld tussen Hezbollah- en Israelse magte wat burgerlike ongevalle en verplasing […]
DBV se snuffelmark vind die Saterdag plaas - September 25, 2024
Uiteindelik is dit hier – ‘n fantastiese dag van inkopies en die ondersteuning van ‘n goeie doel by die Windhoek Dierebeskermingsvereniging se snuffelmark! Dit vind tussen nege-uur en een-uur plaas op Saterdag en beloof ‘n dag vol gevul met winskopies, gemeenskapsgees en pret. Daar is ‘n wye verskeidenheid tweedehandse skatte, van boeke en klere tot […]
Mbumba kry Starlink demonstrasie tydens Musk kuier - September 25, 2024
President Nangolo Mbumba het vergader met Starlink se Elon Musk en het ook ‘n demonstrasie van die tegnologie ontvang. Mbumba het volgens wat berig word ook beleggings in Namibië se tegnologie-sektor met Musk bespreek. Lesotho se eerste minister Sam Matekane het ook met Musk vergader. Starlink is tans in Botswana, Ghana, Kenia, Nigerië, Suid-Soedan, Zambië, […]
Dit is ons plig om te verseker leerders het ‘n toekoms met vaardighede - September 25, 2024
Oor die afgelope vier jaar het 79 persent van leerlinge in Namibië wat die graad 11 nasionale eksamen geskryf het, nie gekwalifiseer om na tersiêre instellings of graad 12 te vorder nie. Dit is gelyk aan 120 468 uit 152 686 leerlinge. Ten spyte hiervan het die aantal leerlinge wat gekwalifiseer het verdubbel, van 5 […]
Misdadigheid: Whk is 31ste uit 321 in die wêreld geplaas - September 25, 2024
Volgens Numbeo se jongste peiling oor misdaad en stede in die wêreld, loop Pietermaritzburg in Suid-Afrika voor met ‘n misdaadindeks van 82,4. Pretoria is tweede, Johannesburg vyfde, Durban sesde en Gqerberha, sewende. Windhoek is in die 31ste posisie met ‘n misdaadindeks van 67,1, twee plekke onder Mexiko Stad, berug vir sy misdaadvlakke. Die veiligste stad […]
Eben en Siya is terug vir Saterdag se kragmeting - September 25, 2024
Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus het nege veranderinge en een posisie-verskuiwing gemaak vir hul deurslaggewende Rugbykampioenskap-wedstryd teen Argentinië in Mbombela. Siya Kolisi is opnuut die span se kaptein. Hy is een van ses dubbele Wêreldbeker-wenners wat herroep is. Manie Libbok en Jaden Hendrikse is vir die eerste keer saam as skrumskakels. Eben Etzebeth sal met dié […]
Bank Windhoek se Volhoubaarheidseffek presteer baie goed - September 25, 2024
Bank Windhoek se Volhoubaarheidseffek, uitgereik onder die Volhoubare Effekteraamwerk, het in 2021 met twee gedeeltes begin en 407 miljoen Namibiese dollar ingesamel. Die 2024-toekenning het 225 miljoen dollar beloop. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Claire Hobbs, Bank Windhoek se hooftesourier, wat meer inligting gee.
Cyril stel beleggingsdoelwit van R2 triljoen - September 25, 2024
President Cyril Ramaphosa het ʼn nuwe beleggingsdoelwit van 2 triljoen Suid-Afrikaanse rand teen 2028 gestel nadat Suid-Afrika se vorige mikpunt van 1,2-triljoen rand bereik is. Die president, wat Suid-Afrika se afvaardiging by die 79ste Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies gelei het, het ook die New York Aandelebeurs se sluitingsklok gelui in die geselskap van […]
Haïtiaanse alliansie lê kriminele klagte teen Trump, Vance - September 25, 2024
Die leier van die Haitian Bridge Alliance, ‘n nie-winsgewende organisasie wat die Haïtiaanse gemeenskap van Springfield, Ohio verteenwoordig, het kriminele klagte teen Donald Trump en sy verkiesingsmaat, Ohio Senator JD Vance, aanhangig gemaak. Die groep kla Trump en Vance aan van die ontwrigting van die staatsdiens, die maak van vals alarms, die pleeg van telekommunikasie-teistering, […]
Guterres waarsku dat Libanon ‘n tweede Gaza kan word - September 25, 2024
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het aan wêreldleiers gesê dat Libanon op die punt staan om ‘n tweede Gaza te word, en bygevoeg dat die krisis “‘n onophoudelike nagmerrie geword het wat dreig om die hele streek te verswelg”. Hy het die waarskuwing gerig terwyl diplomate wat in New York is vir […]