
Akker lei Bulle na naelskraapse oorwinning - October 26, 2024
Die Springbok-haker Akker van der Merwe se verdoelde drie laat in die wedstryd het gisteraand die Bulle ‘n oorwinning van 17-15 teen Benetton besorg in hulle Verenigde Rugby Kampioenskap-kragmeting in Treviso in Italië. Benetton het heeltyd voorgeloop maar Van der Merwe het dit reggekry om die telling gelykop te maak. Die heelagter David Kriel het […]
Copps 94.1 ervaar woelige aand op Okahandja - October 26, 2024
Die Copps 94.1-span het Vrydagaand weer patrollie uitgevoer op Okahandja saam met Nampol en reserviste. Nes in Windhoek, is drank, motorongelukke en nakoming die grootste uitdaging. Francois Lottering was aan diens.
Iran sê aanvalle afgeweer, behou reg om terug aan te val - October 26, 2024
Iran sê sy lugverdedigingstelsel het die aanvalle deur Israel afgeweer en daar is geringe skade aangerig. Beeldmateriaal ondersteun die standpunt. Dit kom na Israel oornag aanvalle op die land geloods het in weerwraak van die aanval deur Iran op 1 Oktober. Iran sê verder hy behou die reg om te vergeld vir die aanval. Die […]
Ugandese LRA-leier tot 40 jaar gevonnis - October 26, 2024
‘n Voormalige bevelvoerder van Uganda se berugte Lord’s Resistance Army is 40-jaar tronk toe gestuur na ‘n geskiedkundige oorlogsmisdaadverhoor. Thomas Kwoyelo is skuldig bevind op 44 aanklagte, insluitend moord, verkragting, ontvoering en plundering. Hy het alle betrokkenheid ontken. Kwoyelo is die eerste bevelvoerder van die gevreesde rebellegroep wat deur ‘n Ugandese hof skuldig bevind is. […]
Winde, swaar reën en koue oor SA die naweek - October 26, 2024
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku ‘n lente-afsnylaag sal van vandag tot Dinsdag swaar weer veroorsaak. Stormsterk wind word oor die Kaapse provinsies verwag, met sterk wind in Gauteng, Noordwes, die Vrystaat en KwaZulu-Natal. Swaar reën kan oorstromings veroorsaak, terwyl kusstreke branders met ʼn deining van tot ses meter kan verwag. Temperature sal van môre af aansienlik […]
Honderde plunder vragmotor na ongeluk - October 26, 2024
Die pad tussen Karibib en Usakos was Vrydagnag gesluit na ‘n vragmotor omgeval het. Inligting is skraps maar die vragmotor het blykbaar uitgeswaai vir ‘n ander motor om ‘n ongeluk te vermy en so omgeslaan. Die pad is versper maar honderde padgebruikers het gestop om die vrag, koeldrank, te plunder. Dit raak ‘n algemene verskynsel […]
Limpopo skort voedselverkope by skole op, 13-jarige dood - October 26, 2024
Limpopo se Onderwysdepartement het voedselverkope rondom skole opgeskort nadat ‘n 13-jarige leerder Woensdag dood is. Nog drie kinders is in die Donald Fraser-hospitaal opgeneem en is in ‘n bestendige toestand. Die departement sê die voorkomende maatreël is tydens die eksamen ingestel, maar die Nasionale Skoolvoedingsprogram gaan voort. ‘n Tussen-ministeriële taakmag sal voedselveiligheid ondersoek en langtermyn-oplossings […]
Israel het oornag aanvalle op Iran geloods, operasie afgesluit - October 26, 2024
Die Israeliese weermag het oornag verskeie aanvalle op militêre teikens in Iran uitgevoer. Die weermag het dit duidelik gestel dat net militêre fasiliteite geteiken word. Die land se openbare uitsaaier het net voor vyfuur Namibiese tyd vanoggend aangekondig dat die aanvalle voltooi is en die operasie verby is. Die weermag sê hy reageer op maande […]
Ten Hag gee beserings die skuld vir Man United se treurmare - October 26, 2024
Hoofafrigter Erik ten Hag gee Manchester United se ellelange beseringslys die skuld vir die klub se treurmare wat hom sy posisie kan kos. Die Nederlander ondervind United se ergste afskop in ‘n senior kompetisie sedert die 1989/90-seisoen, hoewel verlede week se oorwinning oor Brentford die druk effens verlig het. Die span is tans 12de in […]
Biohandel-forum kom na Windhoek - October 25, 2024
Biohandel-entoesiaste en bedryfsleiers van Europa en Afrika gaan in Windhoek byeenkom vir ‘n baanbrekende forum. Die geleentheid, getiteld “Bevordering van Europese-Afrika vennootskappe: Bevordering van binnelandse en streeksamewerking vir bio-handel innovasies en produkte”, sal op 30 Oktober plaasvind. Die eendagforum beloof om ‘n katalisator vir samewerking en innovasie in die biohandelsektor te wees. Organiseerders doen ‘n […]