
Man wat Nujoma se motor met klippe bestook, looi hom oor korrupsie - October 14, 2024
Die luukse voertuig van arbeidsminister Utoni Nujoma is in die hoofstad met klippe bestook. Die Namibiese polisie sê die voorval het laat Sondagmiddag in Frans Indongo-straat voor ‘n bekende apteek plaasgevind. Nujoma was in die apteek. Volgens plaaslike media het ooggetuies ‘n hemplose man gesien. Hy het die motor se voorruit stukkend geslaan en die […]
Sheriff sê sy beamptes het ‘n derde sluipmoordpoging op Trump gekeer - October 14, 2024
ʼn Man wat onwettig in besit was van ʼn haelgeweer, ʼn gelaaide handwapen en ʼn hoëkaliber-magasyn is Saterdag naby oudpresident Donald Trump se saamtrek in Coachella, Kalifornië, gearresteer. Die polisie het die man, wat uitgeken is as die 49-jarige Vem Miller, by ʼn kontrolepunt voorgekeer ʼn uur voordat Trump op die verhoog sou verskyn. Hy […]
Air Botswana se vlugte na Windhoek vir nou vertraag - October 14, 2024
Air Connect Namibia het ‘n vertraging aangekondig in Air Botswana se beplande bekendstelling van aansluitingsvlugte tussen Gaborone en Windhoek. Voorsitter Bisey Uirab belowe ‘n spoedige nuwe bekendstellingsdatum en vra om verskoning vir die ongerief. Uirab het egter bevestig dat FlySafair en die Suid-Afrikaanse Lugdiens se nuwe vlugte voortgaan soos beplan. Kosmos 94.1 Nuus het gesels […]
Spazawinkels se standaarde moet verhoog word - October 14, 2024
Die president van die ACDP, Kenneth Meshoe, verwerp die voorstel van die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, dat verbruikers die registrasie van spazawinkels moet verifieer. Dit volg na vyf kinders in Soweto dood is nadat hulle lekkernye van ‘n spaza-winkel geëet het. Meshoe sê die regering moet standaarde vir gesondheid en veiligheid verseker, nie […]
IDF val VN-magte aan, Hezbollah teiken IDF basis - October 14, 2024
Die Verenigde Nasies sê Israeliese tenks het Sondagmiddag deur die hekke van sy vredesmag-basis in die suide van Libanon gebars. Dit is die jongste beskuldiging van oortredings en aanvalle wat deur Israel se eie bondgenote veroordeel word. Israeliese premier Benjamin Netanyahu het in ‘n verklaring die VN gevra om troepe van die UNIFIL-vredesmag uit gevegsgebiede […]
SpaceX maak geskiedenis - October 14, 2024
SpaceX-ingenieurs het iets bereik wat nog nooit tevore gedoen is nie. Eerder as om die Starship-vuurpylstelsel se Super Heavy-versterker in die see te laat land, soos tipies is, het SpaceX daarin geslaag om dit te vertraag vanaf snelhede van meer as 27 350 km/h, dit saggies terug te lei na die lanseerplatform en dit in […]
Manifeste sien gestremdes oor die hoof: Sheehama - October 13, 2024
Namibiërs met gestremdhede word deur politieke partye en hul manifeste oor die hoof gesien, ten spyte van hul beduidende bydraes tot die samelewing. Hierdie uitsluiting lei tot gevoelens van marginalisering en diskriminasie binne die gemeenskap. Dit is die mening van die bekende ekonoom, Josef Sheehama, wat gestremd gelaat is na ‘n ongeluk op 12-jarige ouderdom. […]
AfriForum sê polisie moet hulself regruk - October 13, 2024
AfriForum vra die polisie om aandag te gee aan die onbetroubaarheid van hulle misdaadstatistieke en ook aan dienslewering by polisiekantore. Die woordvoerder van AfriForum, Jacques Broodryk, sê die ouditeur-generaal het in haar verslag verskeie gevolge uitgelig van onbetroubare misdaadstatistieke. Dit sluit in onakkuraatheid en onvolledige insameling van aanklagte en slagoffers se besonderhede, wat afbreuk doen […]
Internasionale lasbrief uitgereik vir oud-Aus rugbyster - October 13, 2024
’n Internasionale lasbrief vir inhegtenisname is uitgereik vir die Australiese oud-rugbyster Rocky Elsom ná ’n skuldigbevinding aan verduistering in Frankryk. Die voormalige kaptein van Australië se nasionale span was president van RC Narbonne, een van die land se mees gesogte klubs, in 2015 en 2016. Die Franse hof het Elsom skuldig bevind aan die misbruik […]
Wêreld nr. 1 Sinner, Djokovic in Sjanghai Meesters-eindstryd - October 13, 2024
Tennis: Wêreld nommer een Jannik Sinner het ‘n jaareinde ATP nommer 1-posisie ingepalm deur die eindstryd van die Sjanghai Masters te bereik wat tans in die Chinese stad gespeel word. Die 23-jarige Italianer is die wenner van beide die Australiese Ope en Amerikaanse Ope en het drie van sy laaste vier kragmetings teen Djokovic gewen. […]