
Oorsaak van kullery in skole moet aangespreek word - October 15, 2024
Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta het die Departement van Basiese Onderwys gevra om dit te oorweeg om sy appèlaansoek terug te trek teen leerders wat ‘n hofsaak gewen het nadat hulle in 2022 gekul het. Hy sê die departement moet sonder ‘n strafbenadering eerder herstellende maatreëls instel om die hoofoorsake van bedrog uit te skakel. Makaneta […]
Geen rede tot kommer oor Access Bank nie, dis ‘n goeie ding - October 15, 2024
Access Bank Namibia het ‘n voorlopige banklisensie gekry, met ‘n tydperk van ses maande om aan al die nodige voorwaardes te voldoen voordat dit ‘n volle lisensie kry. Die bank kan dus nog nie bankdienste lewer nie, maar die tyd gebruik om homself reg te kry vir besigheid. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Danny […]
SA se afhanklikheid van brandstofinvoere wek kommer - October 15, 2024
Transnet waarsku Suid-Afrika se groeiende afhanklikheid van brandstofinvoere, wat 61-persent van voorraad uitmaak, skep die gevaar vir tekorte. Die logistieke groep wys op die behoefte aan verbeterde infrastruktuur om brandstof te berg en te vervoer. Transnet sê die land se raffineringsvermoë het gedaal weens die sluiting van raffinaderye en strenger brandstofstandaarde. Hy beplan beleggings in […]
Bibi ontken IDF teiken VN-vredesmagte in Libanon - October 15, 2024
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, ontken bewerings dat sy weermag doelbewus die Verenigde Nasies se vredesmaglede in die suide van Libanon aanval. Die VN sê Israel het die afgelope week op sy lede geskiet, ʼn basis met geweld binnegegaan, ʼn noodsaaklike logistiese operasie gekeer en meer as tien personeellede in die suide van Libanon […]
Smithsonian ontvang twee reusepandas - October 15, 2024
Die Smithsonian-nasionale dieretuin wag vandag op die aankoms van twee reusepandas, Bao Li en Quing Bao uit China. Die twee is die eerste pandas wat China in 24 jaar na Washington gestuur het. Die driejarige pandas word vir tien jaar aan die dieretuin geleen. Bao Li het sterk familiebande met Washington want sy ma, Bao […]
Voertuigverkope vir September so-so… - October 15, 2024
In sy jongste verslag sê IJG Sekuriteite dat 988 nuwe voertuie in September verkoop is, 0,8 persent minder as die 996 eenhede wat in Augustus verkoop is en 5,2 persent minder as die 1 042 voertuie in September verlede jaar. Die makelaarsfirma sê dat 9 471 voertuie tot dusver vanjaar verkoop is, 211 minder as […]
Trustco verduidelik planne met Legal Shield - October 15, 2024
Trustco Group Holdings beplan om sy eienaarskap in Legal Shield Holdings te vergroot deur ‘n bykomende belang van 11,35 persent te verkry. Dit sal aansienlike eiendomsbates meebring en sluit aan by Trustco se groeistrategie. Die maatskappy beoog om hierdie bates te benut om meer erwe vir gemengde gebruik te ontwikkel en munt te slaan uit […]
Daar’s kommer oor M-pokke in Zim - October 15, 2024
Die eerste twee gevalle van M-pokke in Zimbabwe is in Harare bevestig. Een geval is ‘n 11-jarige seun wat na Suid-Afrika gereis het en toe simptome ontwikkel het. Die tweede geval was ‘n 24-jarige man wat Tanzanië besoek het en daarna siek geword het. Die gesondheidsowerhede het die nasie gerusgestel dat die kwessie onder beheer […]
Davies hang sy tokse op - October 15, 2024
Die voormalige senter van Wallis en die Britse en Ierse Leeus, Jonathan Davies, het sy tokse opgehang. Die 36-jarige het sedert 2009 in 96 toetse vir sy land gespeel en 80 punte aangeteken, en die Leeus in 2013 en ’17 in ses toerwedstryde verteenwoordig. Hy het ook in twee skofte altesaam 179 keer vir Scarlets […]
Amushelelo wil nie LPM LP wees nie - October 15, 2024
Die Landless People’s Movement het laat Maandagaand sy parlementêre lys bekend gestel, ter elfder uur ingevolge die Kieswet. Aktivis Michael Michael Amushelelo is op die lys in die 31ste posisie maar, hy het op sy sosiale media gesê hy onttrek sy naam omdat hy nooit deelgeneem het om as parlementslid verkies te word nie. Hy […]