
Finland stuur pandas terug, hulle is te duur - September 26, 2024
Finland het aangekondig twee reusepandas gaan vroeër na China terugkeer oor die onkoste daaraan verbonde. Lumi en Pyry was veronderstel om tot 2032 in die Ähtäri-dieretuin te bly, maar die park het besluit om hulle terug te stuur weens inflasie en skuld wat met die Covid 19-pandemie verband hou. Volgens berigte kos dit 29 miljoen […]
Bekende wetenskaplike Hauptfleisch slaan gesogte beurs los - September 26, 2024
Die Namibië Natuurstigting, NNF, in samewerking met Oppenheimer Generations Research and Conservation, het die Oppenheimer Generations Research Fellowship in People and Wildlife aangekondig. Hierdie baanbrekende beurs, wat in die Natuurstigting gesetel is, verteenwoordig groot vooruitgang in Namibië se bewaringspogings, en is daarop gemik om die gaping tussen mense en natuurlewe regoor Suider-Afrika te oorbrug. Die […]
‘Dwelmmuil’ verskyn weer op 3 Oktober, vir borg - September 26, 2024
Pauline Mbangula, 30, het in die laerhof in Kemptonpark verskyn nadat sy Sondag op OR Tambo gevang is met 68 pakkies kokaïen in haar maag. Sy het geen regsverteenwoordiging gehad nie en het volgens berigte gevra dat daar nie foto’s van haar geneem word nie. Sy word van dwelmhandel aangekla maar, ander klagtes kan bygevoeg […]
So sal SA-rand teen dollar vertoon - September 26, 2024
Volgens Bank Windhoek se Tesourie Tegniese Ontleding en Vooruitsigverslag het die Suid-Afrikaanse rand verlede week sterk onder die 17,60-steunvlak gesluit nadat die Federale Reserweraad rentekoerse met 50 basispunte verlaag het, wat die Amerikaanse dollar verswak het. Dit het veroorsaak dat die rand uit ‘n jaarlange regstellende reeks gebreek het, wat die plaaslike geldeenheid versterk en […]
Vyf seekoeie reeds vrek, ministerie boor vir water - September 26, 2024
Daar is drie damme in die gebied van die die Lyambezi-meer in die Zambezi-streek, waar seekoeie gestrand is. By Munambeza het 130 seekoeie vasgeval. Die omgewingsministerie het spanne ontplooi en boor dringend vir water om die diere by te staan. Vyf het volgens Romeo Muyunda reeds gevrek, moontlik van honger. Muyunda waarsku gemeenskappe om uiters […]
Seekatte jag saam met ander visse en deel straf uit as hulle nie saamwerk nie - September 26, 2024
‘n Nuwe studie het bevind dat alleenloper seekatte dikwels met ander visse sal saamwerk om te jag. Navorsers in Duitsland het bevind dat verskillende spesies vis binne jaggroepe verskillende leierskapsverantwoordelikhede sal deel. Die seekatte besluit gewoonlik of, en wanneer die groep sy prooi moet aanval. Seekatte gebruik by tye selfs chemiese stowwe om visse wat […]
As BoN weer rentekoers verlaag, kan daar risiko’s wees - September 26, 2024
Die Bank van Namibië het die repokoers na 7,50 persent gesny, om binnelandse verbruik en belegging ‘n hupstoot te gee. Daarna het Suid-Afrikaanse Reserwebank die repokoers daar met 25 basispunte tot 8 persent verlaag. Die volgende monetêre beleids-aankondiging in Namibië is geskeduleer vir 23 Oktober, en verwagtinge is dat rentekoerse weer kan daal. Kosmos 94.1 […]
Steenhuisen nog nie klaar met Cabanac nie - September 26, 2024
Die Suid-Afrikaanse landbouminister, John Steenhuisen, het begin met stappe teen sy omstrede kantoorhoof, Roman Cabanac, en die aangeleentheid na die departement se menslike hulpbronne-afdeling verwys. Dit volg nadat Cabanac geweier het om te bedank nadat die minister hom twee weke gelede versoek het om dit te doen. Steenhuisen se woordvoerder, Charity McCord, sê die minister […]
NY-burgemeester Eric Adams aangekla, klagstaat steeds geseël - September 26, 2024
Die burgemeester van New York, Eric Adams, staan tereg op federale kriminele aanklagte. Die 64-jarige Adams is byna drie jaar gelede verkies maar hy en ‘n reeks top-amptenare het toenemende ondersoeke in die gesig gestaar as deel van verskeie federale korrupsie-ondersoeke. Die klagstaat bly verseël, maar sal Adams die eerste burgemeester in stadsgeskiedenis maak wat […]
Putin wil Oekraïne se kernkragstasies aanval – Zelensky - September 26, 2024
Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, het aan die Verenigde Nasies gesê dat Rusland dieper aanvalle op sy land se kernkragsentrales beplan en waarsku teen ‘n moontlike kernramp. Hy sê hy het inligting ontvang wat wys Moskou gebruik satelliete wat deur ander lande verskaf is om inligting oor Oekraïne se kerninfrastruktuur in te samel. Bestraling respekteer […]