
SA leer by China oor bestuur van staatsondernemings - October 28, 2024
Die minister in die Presidensie, Maropene Ramokgopa, staan aan die hoof van ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging na China van vandag af tot Vrydag. Die woordvoerder Litha Mpondwana sê die besoek is gemik op skakeling met bate-instellings in staatsbesit, wat goeie bestuurpraktyke bevorder. Hy sê dit steun die Wetsontwerp op Nasionale Staatsondernemings en fokus op die hervorming […]
Venom: The Last Dance loop voor in VSA - October 28, 2024
Die derde en finale aflewering van Sony se Marvel anti-held-reeks Venom: The Last Dance, is bo aan Noord-Amerika se lokettreffers, en het die naweek sowat 903-miljoen-rand tydens sy openingsnaweek verdien. Tom Hardy is die ster in die rolprent as die ondersoekende joernalis Eddie Brock. Paramount en Temple Hill se Smile 2 het tot die tweede […]
Bejaarde-egpaar van N$231 000 op Karibib beroof - October 28, 2024
‘n Gewapende roof het op Karibib plaasgevind. Volgens die polisie het drie gewapende mans toegang tot ‘n huis in die Namagra fabrieksgebied gekry deur ‘n oop venster. ‘n Bejaarde egpaar is vasgebind en met ‘n mes gedreig. Die boewe het weggekom met ’n 18-karaat goue en diamantketting, satelliet-dekodeerder, skootrekenaar, selfone en meer, ter waarde van […]
Homofobie is na Afrika gebring - October 28, 2024
‘n Baanbrekende publikasie “The Namibian House: Building inclusive spaces for LGBT+ persons” is deur die Namibiese Instituut vir Demokrasie bekendgestel. Die boek behandel pre-koloniale Afrika en die effek van kolonialisme op gemeenskappe. Kolonialisme het byvoorbeeld homofobie bevorder, terwyl daar geskiedkundige bewyse is van seksuele en geslagsdiversiteit in Afrika. Kosmos 94.1 Nuus het met gesels met […]
Trump maak staat op vrese by New York-saamtrek - October 28, 2024
Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump beloof om Amerika weer healthy, wealthy, and great te maak. Hy het ‘n saamtrek in sy tuisstad New York se Madison Square Garden gehou. Onder die ondersteuners van die Republikeinse presidentskandidaat was die miljardêr Elon Musk, die stoeier Hulk Hogan en sy voormalige regsverteenwoordiger Rudy Giuliani. Trump sê sy […]
KI-skyfies onttroon Apple - October 28, 2024
Nvidia het Apple die naweek onttroon as die wêreld se waardevolste maatskappy, na ‘n rekordlopie in sy aandele, aangevuur deur die onversadigbare vraag na sy gespesialiseerde kunsmatige intelligensie-skyfies. Nvidia se waarde op die aandelebeurs was ‘n rukkie lank 3,53 triljoen Amerikaanse dollar, effens hoër as Apple se 3,52 triljoen dollar, volgens data van die Londense […]
Namcor wil groter aandeel in eksplorasieblokke hê - October 28, 2024
Namibië se nasionale olie maatskappy, Namcor, het planne om sy belang in die land se eksplorasieblokke te vergroot van die huidige 10 persent tot 80 persent in die volgende 15 jaar. Die waarnemende besturende direkteur Ebson Uanguta het die maatskappy se strategiese plan bekend gemaak en sê Namcor moet ‘n aktiewe operateur word en die […]
ANC staar krisis van geloofwaardigheid in die gesig - October 28, 2024
Die president van die ANC sê die party staar ‘n krisis van gesag, geloofwaardigheid en vertroue in die gesig. Hy het gisteraand die OR Tambo-gedenklesing in Ekurhuleni gelewer. Sondag was die 107de herdenking van die verjaardag van die gestorwe voormalige ANC-president, Oliver Tambo, die party se langsdiende president. Ramaphosa sê selfs terwyl die regering van […]
Kamala loop effe voor - October 28, 2024
Die Amerikaanse visepresident en Demokratiese presidentskandidaat, Kamala Harris het ‘n noue voorsprong van 51-persent onder nasionale waarskynlike kiesers teenoor oudpresident en Republikeinse kandidaat, Donald Trump se 47-persent. Dit is volgens die jongste ABC News/Ipsos-meningsopname. Dit dui daarop Harris se ondersteuners is meer geneig om op te daag, met die verdeling onder geregistreerde kiesers op 49-persent […]
Sainz wat Mexikaanse Grand Prix - October 28, 2024
Carlos Sainz van Ferrari het die Mexikaanse Grand Prix gewen om sy vierde loopbaan-oorwinning in Formule Een te behaal. Lando Norris van McLaren het Max Verstappen van Red Bull se kampioenskapsvoorsprong tot 47 punte laat krimp en tweede geëindig met Sainz se spanmaat, Charles Leclerc, derde. Verstappen, wat twee twee-sekonde strawwe opgelê is weens twee […]