Vroulike dwelmmuile gewaarsku - October 15, 2024

Generaal-majoor Anne Marie Nainda het ‘n waarskuwing aan veral jong vroue in die land gerig om hulle nie skuldig te maak aan die smokkelary van dwelms nie. Daar is onlangs berig dat ten minste 25 Namibiërs is sedert 2016 net in Brasilië gearresteer vir dwelmhandel waarvan die meerderheid vroue is. Nainda vra beter samewerking tussen […]

Read More

Sheehama-verdagtes vra binnekort vir borg - October 15, 2024

Die Matheus Sheehama moordsaak is tot 22 en 23 Oktober uitgestel. Die sewe verdagtes, wat die 24-jarige Sheehama se meisie, Jessica !Gaes en haar broer Jimmy !Gaeb, sal na verwagting om borg aansoek doen. Sheehama het op 27 Julie vermis geraak na ‘n braai in Walvisbaai. Daar was ‘n onderonsie en hy is aangerand. Hy […]

Read More

Aktivis gesels oor konserwatiewe benadering teenoor aborsie, LGBT - October 15, 2024

In ‘n onlangse Afrobarometer-opname het 66 persent van die respondente gesê dat aborsie met tronkstraf gepenaliseer moet word. Daarbenewens het 59 persent verklaar dat hulle ‘n vriend of familielid wat hulself as homoseksueel identifiseer, sal verwerp. Kosmos 94.1 Nuus het met die sosiale aktivis Linda Baumann gesels oor hoekom so baie Namibiërs uiters konserwatief bly.

Read More

Miljarde nodig om krane oop te hou - October 15, 2024

Namibië sal tussen 17 en 25 miljard Namibiese dollar oor die volgende tien jaar moet verseker om in sy groeiende vraag na water te voorsien. Lynminister Calle Schlettwein sê die belegging sluit nie die groter en ewe dringende behoeftes in om behoorlike higiëniese sanitasiegeriewe vir almal te ontwikkel nie. Schlettwein het in Kaïro by die […]

Read More

Nuwe digitale era kom vir ou Dimension Data - October 15, 2024

Die Ohlthaver & List-groep het Dimension Data Namibia hernoem na Mach 10. Dit is ‘n belangrike mylpaal in die Namibiese inligting- en kommunikasietegnologie-landskap, en wys ‘n verbintenis tot innovasie en digitale transformasie. Met toegang tot NTT DATA Corporation se nuutste tegnologie, beoog Mach 10 om wêreldklas digitale transformasiedienste aan Namibiese besighede te bied. Kosmos 94.1 […]

Read More

Groot vordering in voorkoming van MIV-infeksies - October 15, 2024

‘n Sesmaandelikse MIV-voorkomingsinspuiting met lenacapavir was doeltreffend in twee deurslaggewende studies. Die eerste, PURPOSE 1, het getoon daar was geen MIV-besmettings onder 2 134 deelnemers nie, en die tweede, PURPOSE 2, het net twee besmettings onder 2 179 deelnemers opgelewer. Dit kom neer op ‘n 96-persent-vermindering in besmettings. Gilead Sciences beplan om aansoek te doen […]

Read More

Netanyahu ondersteun nie ‘n tweestaat-oplossing nie - October 15, 2024

Die gewese speaker van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, Nancy Pelosi, sê Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het volgens haar nog nooit in vrede of ʼn tweestaat-oplossing geglo nie. Die Internasionale Geregshof het in Julie bevind dat Israel die onwettige besetting en apartheidstelsel moet beëindig. Dit baan die weg na vrede en ʼn tweestaat-oplossing. […]

Read More

Protes teen moontlike borg in Sheehama-moordsaak - October 15, 2024

Die gemeenskap van Walvisbaai en familielede doen ‘n beroep op die Walvisbaai-landdroshof om borgtog te weier aan die sewe verdagtes wat in hegtenis geneem is vir die moord op die 24-jarige Nust-student Matheus Sheehama in die hawedorp. ’n Vreedsame betoging vind voor die hof plaas, waar die verdagtes vanoggend sal verskyn. Daar word beweer dat […]

Read More

Namibië kort ‘n nasionale brandweerdiens - October 15, 2024

Fillipus Sikongo, senior stasiebeampte van Windhoek Brandweer, het ongelykhede in die toerusting en hulpbronne van brandweermanne oor verskillende plaaslike owerhede uitgelig. Dit kom na die Outapi-brandweer nie ‘n brand by Shoprite op die dorp kon blus nie. Sikongo vra vir die stigting van ‘n nasionale brandweerdiens, wat nie net op brandbestryding gefokus is nie, maar […]

Read More

Inwoners van Botswana kan Saterdag in Namibië stem - October 15, 2024

Die Botswana-regering herinner alle landsburgers in Namibië dat hulle Saterdag, 19 Oktober plaaslik kan stem. Die land stem op 30 Oktober. Die stembus is by die land se hoë kommissariaat by 101 Nelson Mandela-weg. Burgers kan vanaf agt-uur die oggend tot vyf-uur namiddag hulle stemme uitbring. ‘n Geldige ID-kaart sowel as ‘n kiesersregistrasie-kaart is nodig […]

Read More