Belasting-amnestie vorder N$4,3 miljard in, sover - October 18, 2024

NamRA se belasting-amnestieprogram eindig op 31 Oktober. Volgens NamRA kommissaris Sam Shivute het die program sedert sy bekendstelling in April verlede jaar reeds 4,3 miljard Namibiese dollar se inkomste gegenereer. Altesaam 128 060 belastingbetalers het sover aan die program deelgeneem, met die meerderheid wat reeds betalings begin het. Die amnestie bied kwytskelding op rente en […]

Read More

Nuwe Katutura-distrikshospitaal uiters belangrik - October 18, 2024

Tenders wat verband hou met die konstruksie van ‘n distrikshospitaal in Katutura is oop. Daar word gevra vir grootmaat elektriese dienste vir plaas 1024 in Havana. Bodde is ook oop vir toegangspad- en grootmaat waterdienste by dieselfde erf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur van gesondheid, oor die tenders en […]

Read More

Vereniging van Uitsaaiveterane kry wyd steun - October 18, 2024

Die Vereniging van Uitsaaiveterane is amptelik in die hoofstad bekendgestel. Die vereniging gee aan van die mees ervare stemme in die uitsaaibedryf ‘n geleentheid om hulle passie verder te voer en die jonger generasie op te lei. Volgens Kolie van Coller, die stigter en sameroeper van die groep, sal hulle vroeg volgende jaar begin met […]

Read More

ATM steun AmaHlubi se koningskap-saak - October 18, 2024

Die African Transformation Movement sê hy vereenselwig hom met die Amahlubi-stam van KwaZulu-Natal terwyl die Hooggeregshof in Pretoria sy koningskap-saak gaan aanhoor. Die stam wil hê die hof met die Nhlapho-kommissie se verslag van 2010 hersien wat tradisionele leierskapsgeskille hanteer het. ATM se woordvoerder, Zam Ntshona, sê dié keerpunt is ‘n aansienlike stap in die […]

Read More

Will Zalatoris op pad na Nedbank-uitdaagtoernooi - October 18, 2024

Gholf: Die Amerikaner Will Zalatoris gaan van 5 tot 8 Desember die eerste keer aan die Nedbank-uitdaagtoernooi by Sun City deelneem. Die 28-jarige PGA-toer-kampioen sluit aan by sy landgenoot, die verdedigende kampioen, Max Homa, in die DP World-toernooi. Zalatoris moes in 2022 onttrek weens ‘n besering. Hy het vanjaar onder die voorste tien spelers geëindig […]

Read More

LPM eis antwoorde oor Ren-Form se aanstelling - October 18, 2024

Die LPM eis geskrewe antwoorde binne sewe dae van die Namibiese Verkiesingskommissie oor die aanstelling van Ren-Form om stembriewe vir die verkiesing te verskaf. Die party vra deur sy prokureurs, Weder Kauta en Hoveka, hoekom die openbare bod vir die verskaffing van stembriewe gekanselleer is en op watter gronde Ren-Form aangestel is. Die openbare bod […]

Read More

Gesondheidsdepartement gaan Gauteng bankrotteer: DA - October 18, 2024

Die DA in Gauteng sê die wanbestuur en gebrek aan finansiële en prestasie-oorsig in die provinsiale Gesondheidsdepartement het ʼn regstreekse uitwerking op gesondheidsorg se gehalte. Die LUR vir Finansies, Lebogang Maile, het onlangs gewaarsku die provinsie gaan bankrot speel as die departement nie daarin slaag om sy ongebreidelde administratiewe en finansiële wanbestuur te beheer nie. […]

Read More

Kenia het nuwe adjunkpresident - October 18, 2024

Kenia se binnelandse sake-minister, Kithure Kindiki, is as president William Ruto se adjunk aangestel. Dit kom net ure nadat die Senaat gestem het om die voormalige adjunk, Rigathi Gachagua, aan te kla. Ruto het Kindiki, ’n noue bondgenoot, genomineer en die parlement het sy goedkeuring gegee. Dit kom ná ‘n tydperk van politieke onrus, massabetogings […]

Read More

Netanyahu nog nie klaar met Gaza nie - October 18, 2024

Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê die dood van die Hamas-leier, Yahya Sinwar, beteken nie die einde van die oorlog in Gaza nie. Israelse magte het hom in Rafah doodgemaak. Sinwar was glo die baasbrein agter verlede jaar se aanvalle op 7 Oktober in Israel waarin 1 200 mense dood en 250 gyselaar geneem […]

Read More

Nudo-faksie vat hande met Swanu - October 18, 2024

‘n Faksie van Nudo, onder leiding van Barry Rukoro het in ‘n vyfjaar-vennootskap by Swanu, aangesluit. Dit sal Nudo-lede toelaat om parlement toe te gaan as lede van Swanu. Wendy Christian, sekretaris-generaal van Swanu, het aan plaaslike media gesê dat 60 Nudo-lede Swanu-lidmaatskapkaarte ontvang het. Kosmos 94.1 Nuus het met Barry Rukoro gepraat, wat sê […]

Read More