
6 Soweto-kinders dood van organofosfaat-chemikalie Terbufos - October 28, 2024
Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, het aangekondig ‘n toksikologieverslag het bevestig ‘n organofosfaat-chemikalie, Terbufos, het die dood van ses kinders in Naledi, Soweto, veroorsaak. Die leerders het vroeër die maand siek geword nadat hulle versnaperings geëet het wat by ‘n plaaslike spaza-winkel gekoop is. Motsoaledi sê lykskouings-monsters het bevestig die chemikalie is in die […]
30% van Afrika se woude verdwyn weens uitkapping, houthandel - October 28, 2024
Die Afrika-unie sê sowat 30-persent van Afrika se woude is besig om vinnig te verdwyn weens onwettige uitkapping en houthandel. Afrika se tropiese reënwoude waar die meeste onwettige uitkapping voorkom, is die koolstofrykste ekostelsels wat tussen 150- en 300-ton koolstof per hektaar kan opgaar. Een die van ergste oortreders is die Demokratiese Republiek die Kongo […]
50 rykste miljardêrs versnel klimaatkrisis: Oxfam - October 28, 2024
Die hoë koolstofuitlatings van die wêreld se rykste een-persent vererger hongersnood, armoede en oortollige sterftes. Dit blyk uit die jongste verslag deur Oxfam, wat gekyk het na die portefeuljes van die 50 rykste miljardêrs. Die verslag het bevind hulle is gemiddeld verantwoordelik vir meer koolstofuitlatings in minder as drie uur as die gemiddelde Britse persoon […]
Brent sak met 4% terug vandag - October 28, 2024
Oliepryse het vandag met meer as 4 Amerikaanse dollar per vat getuimel nadat Israel se vergeldingsaanval die naweek teen Iran olie- en kernfasiliteite omseil het en nie energievoorrade ontwrig het nie. Brent verhandel tans net bo 71 dollar ‘n vat, af van amper 76 dollar 24 uur gelede. Israel het drie aanvalle Saterdagoggend geloods en net […]
Engen-vulstasies – kommissie hou dinge dop - October 28, 2024
Sedert die goedkeuring, met voorwaardes van die aankoop van Engen deur Vitol Emerald Bidco, deur die Namibiese Mededingingskommissie, het dinge stil geword. Daar is in Junie aangekondig die maatskappy sal van 58 Engen- en Shell-diensstasies in Namibië ontslae raak om billike mededinging te verseker ná sy Engen-verkryging. Vitol bedryf sake as Vivo Energy in Namibië. […]
ANC sal styging in kragtariewe teenstaan - October 28, 2024
Die ANC het sy teenkanting teen enige verhoging in kragtariewe uitgespreek. Die voorsitter van die Ekonomiese Transformasiekomitee, Mmamaloko Kubayi, het tydens ‘n media inligtingsessie by die ANC Nasionale Uitvoerende Komitee se vergadering in Boksburg benadruk dat krag bekostigbaar moet bly. Sy het die party se verbintenis tot die beskerming van huishoudings en die stabilisering van […]
Teheran sê hy oorweeg nog sy reaksie - October 28, 2024
Teheran sal alle beskikbare opsies gebruik om te reageer op Israel se aanval die naweek op sy militêre teikens in Iran. Iran het voorheen Israel se lugaanval as gering afgemaak en gesê dit het slegs beperkte skade aangerig, terwyl die Amerikaanse president Joe Biden gevra het dat die eskalasie gestaak word. Teheran sê die aard […]
Toenemende ruimterommel in die soeklig - October 28, 2024
Die Europese Ruimte-agentskap is in gesprek met SpaceX oor die moontlikheid dat Elon Musk se ruimte-onderneming aansluit by ‘n internasionale handves wat ontwerp is om toenemende rommel in die ruimte te verminder. Die 22-nasie-agentskap staan aan die spits van een van verskeie pogings om die massas ruimterommel wat om die planeet draai, te verminder. Kosmos […]
Twee transito-rooftogte, een in Windhoek, een in Swakopmund, op dieselfde tyd - October 28, 2024
Daar is twee transito-rooftogte aangemeld. In die eerste geval is ‘n transito-wa by Platz Am Meer op Swakopmund beroof. Volgens wat berig word het die voertuig kontant opgetel. ‘n Skietgeveg het uitgebreek en ‘n sekuriteitswag is doodgeskiet met ‘n ander een beseer. Dit is nie bekend hoeveel rowers daar was nie maar hulle het in […]
Ons berei hard voor vir EU-reëls maar hoop steeds op uitstel - October 28, 2024
Daar is steeds kommer oor die nuwe EU-regulasies rakende ontwouding. Die regulasies raak onder meer vleis, huide en houtskool en kan ‘n groot impak hê op landbou-uitvoere na Europa. Soos dit tans staan sal die regulasies vanaf einde Desember vanjaar, en 30 Junie volgende jaar vir mikro-besighede, in werking tree. Die Europese Kommissie het reeds […]