Eskom ‘het van beste na slegste kragmaatskappy gegaan’

‘n Ontwikkelingsekonoom, Daniel Meyer, sê Eskom het binne 24 jaar van een van die beste kragmaatskappye ter wêreld tot een van die swakstes versleg. Meyer sê verswakkende aanleg- en omgewingsprestasie, tesame met jare se onvoldoende instandhouding het tot voortslepende beurtkrag gelei. Hy benadruk Eskom se toenemende uitgawes aan diesel en groeiende munisipale skuld, is verdere […]

Read More

Koning Charles woon kerkdiens by na kanker-aankondiging

Brittanje se koning Charles het Sondag ‘n kerkdiens bygewoon in sy eerste openbare verskyning sedert hy verlede week aangekondig het dat hy met kanker gediagnoseer is. Die koning het die St Mary Magdalene-kerk in Sandringham in Oos-Engeland besoek. Charles is minder as 18 maande op die troon ná die dood van sy ma, koningin Elizabeth. […]

Read More

Media-persoonlikheid Lindsay Scott oorlede

‘n Bekende in Namibiese media-kringe, Lindsay Scott, is Saterdagaand in Falkirk, Skotland oorlede. Hy was voor onafhanklikheid ‘n omroeper in die Suidwes-Afrikaanse Uitsaaikorporasie se Engelse diens, en het diep spore getrap tydens die oorgang na die huidige nasionale uitsaaier. Hy was lank in diens van die NBC, onder meer as uitvoerende vervaardiger in die sport […]

Read More

SolNam, Solarcentury Africa pak nuwe sonkragprojek aan

Solarcentury Africa en SolNam Energy het aangekondig dat hulle hul opgedateerde opwekkingslisensie van die Elektrisiteitsbeheerraad ontvang het om die SolNam 60-megawatt sonkragprojek naby Keetmanshoop te bou. Die twee maatskappye het vroeg verlede jaar ‘n ooreenkoms onderteken om die projek saam te ontwikkel. Die maatskappye het reeds in 2022 die vereiste omgewingsklaringsertifikaat bekom vir die terrein […]

Read More

SA Mededingingskommissie doen pluimveebedryf-markondersoek

Die buurland se Mededingingskommissie het ‘n uitnodiging gerig vir openbare deelname aan ‘n markondersoek na die pluimveebedryf-waardeketting. Die kommissie het rede om te glo daar is kwessies in die pluimveemark wat mededinging kan belemmer, verwring of beperk. Belanghebbendes word versoek om teen 8 Maart skriftelike terugvoer oor konsepopdragte in te dien. Die hoofekonoom, James Hodge, […]

Read More

VSA kongreslid vra hersiening van bilaterale betrekkinge met SA

Die Amerikaanse kongreslid, John James, het gevra vir ‘n hersiening van Amerikaanse bilaterale betrekkinge met Suid-Afrika, met verwysing na kommer oor die Suid-Afrikaanse regering se standpunt oor Hamas, Rusland en China, en die land se saak teen Israel in die Internasionale Geregshof. Die tweeparty-wetsontwerp aan die Kongres beklemtoon Suid-Afrika se belyning met dié regerings én […]

Read More

Jack Leach uit Engeland se toetstoer-span

Krieket: Die bouler Jack Leach is weens ‘n linkerkniebesering uit die res van Engeland se toetstoer na Indië uitgesluit. Die 32-jarige het die besering opgedoen tydens Engeland se eerste toetsoorwinning in Hyderabad, waar hy gedwing is om ‘n beperkte rol te speel en daarna die tweede toets in Vizag misgeloop het. Die reeks hervat Donderdag […]

Read More

Noordelike riviere vloei steeds sterk

Die Zambezirivier by Katima Mulilo het ‘n hoogte van 1,60 meter aangeteken met geen veranderinge in die watervlakke sedert die vorige dag nie. Die Namibiese Hidrologiese Diens sê die huidige watervlak is laer in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar, toe dit 2,11 meter bereik het. Die Okavangorivier by Rundu het 5.57m aangeteken met ‘n […]

Read More

SA se veiligheidstegnologiemark ‘ryp vir beleggingsgroei’

Navorsing deur die Suid-Afrikaanse gebou-beveiligingsbedryf toon ‘n belowende vooruitsig vir die veiligheids-tegnologiemark. Die ondersoek wat BMi Research vir die Elvey Group-gedoen het, dui daarop dat die veiligheidsbedryf voorberei word vir groei en dat dit ‘n aanloklike beleggingsgeleentheid bied. Die markwaarde van 5,84-miljard Suid-Afrikaanse rand kan na raming groei van 8,6-persent bied tot 2028. Faktore vir […]

Read More

Brasilië begin dengue-inentings te midde van uitbreking

Brasilië het ‘n dengue-koors-inentingsveldtog van stapel gestuur te midde van ‘n toename in gevalle; die eerste land ter wêreld wat die entstof deur sy openbare gesondheidstelsel beskikbaar stel. Volgens AFP het Brasiliaanse gesondheidsowerhede in die eerste vyf weke van die jaar reeds meer as 395 000 waarskynlike gevalle van die muskiet-oordraagbare siekte aangeteken. Minstens 53 […]

Read More