Media-persoonlikheid Lindsay Scott oorlede

‘n Bekende in Namibiese media-kringe, Lindsay Scott, is Saterdagaand in Falkirk, Skotland oorlede. Hy was voor onafhanklikheid ‘n omroeper in die Suidwes-Afrikaanse Uitsaaikorporasie se Engelse diens, en het diep spore getrap tydens die oorgang na die huidige nasionale uitsaaier. Hy was lank in diens van die NBC, onder meer as uitvoerende vervaardiger in die sport departement. Scott het na ‘n lang siekbed aan ‘n bakteriale infeksie beswyk.