Twee van Zambezi vas vir smokkel

Uitdagings by die grens met Zambië blyk om voort te duur. Die Namibiese polisie sê twee Zambiese burgers is in hegtenis geneem oor die beweerde smokkel van beide verbode en nie-verbode goedere na die Zambezi-streek. Die goedere sluit in eiers, sakke houtskool, nie-alkoholiese drankies, whiskey en tradisioneel gebroude bier. Die waarde word op 5 000 Namibiese dollar […]

Read More

ANC sê daar moet halt geroep word op ZEP 

Die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake het in die Gautengse hoërhof in Pretoria aangevoer daar is geen regverdiging om met die Zimbabwiese vrystellingspermit-program voort te gaan nie. Die minister Aaron Motsoaledi, daag ‘n besluit van 28 Junie uit wat bevind het sy beëindiging van die permit is ongrondwetlik en onregmatig. Die permitte wat met 12 maande […]

Read More

Blinken sê Iran se geld sal gemonitor word na gevangene-uitruil

Die uitruil van gevangenes tussen Iran en die VSA is in die nuus. Luidens die ooreenkoms, is 6 miljard Amerikaanse dollar van Iran se fondse, wat in Suid-Korea gevries is, aan Iran oorbetaal. Die geld kom van olie wat aan Suid-Korea verkoop is. Amerika se minister van buitelandse sake, Antony Blinken, sê die fondse was altyd aan Iran […]

Read More

Erfenisweek word by TransNamib met spoorgeskiedenis herdenk

TransNamib herdenk die Erfenisweek die 30ste bestaansjaar van die TransNamib Museum. Ter herdenking van die geleentheid word ‘n spesiale jazz- en blueskonsert gehou. TransNamib se woordvoerder, Abigail Raubenheimer, sê die museum speel ‘n belangrike rol om die evolusie van Namibië se spoorwegstelsel op rekord te plaas, en bied onskatbare insigte oor die land se ryk geskiedenis. TransNamib sal ook die museum se medestigter, Walter Ruschand, ‘n sleutelfiguur […]

Read More

Oues wat regerings lei in die nuus, hier en elders

Bejaarde leiers en presidente is die afgelope tyd in die nuus, veral in die Verenigde State met Joe Biden op 80, Donald Trump op 77, en ander leiers soos Mitch McConnell wat onlangs twee keer agter die podium gevries het terwyl hy aankondigings gemaak het. Namibië het sy eie probleem met ouer leiers en Adjunk Eerste Minister Netumbo Nandi-Ndaitwah sal 72 wees […]

Read More

Damme: Gobabis het 6,1% oor, sentrale gebied, 30%

NamWater se weeklikse dambulletin dui aan dat daar net 29,9 persent waterbronne in die drie sentrale damme oor is. Von Bach is op 19,8 persent na water van Swakoppoort, wat op 58 persent staan, oorgedra is. Omatako is leeg. In die Suide is Hardap op 30 persent met amper 2 miljoen kubieke meter wat in […]

Read More

Staatsamptenare koop bande met regering se voertuigvloot-kaart

Die Teenkorrupsie-kommissie sê die twee werknemers van die ministerie van stedelike ontwikkeling wat van korrupsie aangekla word, sal weer op 17 November in die hof verskyn. Die twee, Leilla Maartin, 33, en Vilho limene, 36, het volgens die staat ses bande vir ‘n privaatvoertuig gekoop met vier wat reeds opgesit en gebalanseer is. Hulle het […]

Read More

Anti-LGBTQ-groep ruk op na parlement vandag

Die Stop Homosexuality and Same Sex Marriages-komitee sal oor die volgende drie dae, terwyl die parlement in sitting is, na die Tintenpalast in die hoofstad opruk. Die wetsontwerp in die verband, wat deur Swapo-LP Jerry Ekandjo ter tafel gelê is, word volgens berigte die week bespreek. Die wetsontwerp definieer gade om net ‘n man of […]

Read More

Jy mag nie met jou slang ‘surf’ nie

‘n Australiese man wat verfilm is terwyl hy met sy troeteldierluislang branderplank gery het, is met ‘n bedrag wat gelykstaande is aan meer as 24 000 Namibiese dollar beboet omdat hy die reptiel in die openbaar uitgeneem het. Die inwoner van die Goudkus, Higor Fiuza, het die branders van Rainbow Bay ten minste tien keer […]

Read More

KZN-regering het regte geskend in verband met watervoorsiening

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het bevind munisipaliteite in KwaZulu-Natal het inwoners se regte geskend deur nie skoon drinkwater aan hulle te voorsien nie. Die kommissie het sy bevindings en aanbevelings gister bekend gemaak ná ‘n ondersoek na die waterkrisis in die provinsie. KwaZulu-Natal se kommissaris, Philile Ntuli, sê daar is ‘n opmerklike verskil tussen landelike en […]

Read More