SolNam, Solarcentury Africa pak nuwe sonkragprojek aan

Solarcentury Africa en SolNam Energy het aangekondig dat hulle hul opgedateerde opwekkingslisensie van die Elektrisiteitsbeheerraad ontvang het om die SolNam 60-megawatt sonkragprojek naby Keetmanshoop te bou. Die twee maatskappye het vroeg verlede jaar ‘n ooreenkoms onderteken om die projek saam te ontwikkel. Die maatskappye het reeds in 2022 die vereiste omgewingsklaringsertifikaat bekom vir die terrein naby die Kokerboom-substasie. Die projek sal Namibië help om sy klimaatsveranderingteikens te bereik, en om weg te beweeg van fossielbrandstowwe, waartoe hy hom onder die onlangse COP28-raamwerk in Dubai verbind het.