VSA kongreslid vra hersiening van bilaterale betrekkinge met SA

Die Amerikaanse kongreslid, John James, het gevra vir ‘n hersiening van Amerikaanse bilaterale betrekkinge met Suid-Afrika, met verwysing na kommer oor die Suid-Afrikaanse regering se standpunt oor Hamas, Rusland en China, en die land se saak teen Israel in die Internasionale Geregshof. Die tweeparty-wetsontwerp aan die Kongres beklemtoon Suid-Afrika se belyning met dié regerings én sy kritiek op Israel. Die wetsontwerp voer aan dit is problematies dat Suid-Afrika Israel as ‘n apartheidstaat bestempel en van volksmoord beskuldig. Kommer is ook uitgepsreek oor staatskaping, die Transnet-verbruiksgoedere-uitvoerkrisis en die cholera-uitbreking, wat aan korrupsie en wanbestuur toegeskryf word.